Mango-passasiers wag vier ure vir vliegtuig

Argieffoto (Foto: Bluesnap, Pixabay)

Ontstoke passasiers het Vrydag vier ure lank op die Kaapstadse lughawe vir hul Mango-vlug gewag nadat die vliegtuig waarmee hulle na die O.R. Tambo-lughawe sou vlieg, vertraag was.  Corné Curtis, een van die passasiers, het aan Maroela Media verduidelik dat die JE125-vlug Vrydag 13:10 moes vertrek, maar eers 17:00 opgestyg het.

Volgens die lugredery moes hulle ʼn ander vliegtuig reël, omdat die oorspronklike vliegtuig nie betyds vrygestel is nie, nadat dit beplande onderhoud moes ondergaan.

By navraag het Sergio dos Santos, Mango se woordvoerder, bevestig dat die vlug wel vertraag was, maar dat hulle die passasiers deurlopend per SMS op hoogte van die vertragings gehou het. “Ons het om verskoning gevra en geskenkbewyse is aan die passasiers wat deur die vertraging geraak is, aangebied, soos wat ons vertraagde vlugbeleid voorskryf.”

Hy het bygevoeg dat die rotasievertraging plaasgevind het, omdat die oorspronklike vliegtuig nie betyds vrygestel is nadat dit beplande onderhoud moes ondergaan nie. “Ons wag nog vir die volle verslag oor hoekom die vliegtuig nie betyds vrygestel is nie, maar die vliegtuig is reeds weer in gebruik en vlugte gaan voort soos normaal.”

Curtis het verder beweer die kaptein van dié vlug het aangekondig dat die vliegtuig se elektroniese leidingstelsel nie meer werk nie, minute nadat die vliegtuig in Johannesburg geland het. Vroeër die maand is daar in verskeie koerante berig dat ʼn Mango-vliegtuig ʼn paar meter geval het tydens ʼn vlug tussen Johannesburg en Kaapstad.

Dié insident het na bewering plaasgevind weens nagemaakte onderdele wat deur Mango se moedermaatskappy, die Suid-Afrikaanse Lugredery (SAL), gebruik is. Die SAL het intussen die bewerings as bog afgemaak en ʼn verklaring in die verband aan die publiek uitgereik.

Dos Santos voer egter aan dat dit nie Mango se elektroniese leidingstelsel is wat buite werking was nie, maar dat die O.R. Tambo-lughawe se elektroniese stelsel, wat aan ʼn vliegtuig aandui waar dit moet parkeer, buite werking was.

“Dit is ʼn elektroniese vertoonbord wat aan die buitekant van die gebou aandui waar die vliegtuie moet parkeer. In hierdie geval was daar ʼn beampte wat sinjale gebruik het om die vliegtuig te lei.”

Maroela Media kon nog nie by die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) bevestiging kry oor hoekom die elektroniese stelsel nie gewerk het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

A Klaassen ·

My seun 2 stelle met Mango afgetrap onlangs. Uiteindelik het hy besluit om met ander redery te vlieg wat meer betroubaar is en dalk nie uit die lug gaan val nie.

Chris ·

Dieselfde het met my gebeur in Junie. Ons moes ook ongeveer 13:10 vertrek van Durban na Lanseria en ons het gewag en gewag. Ek het geen sms’e ontvang nie. Niemand het geweet waarom die vliegtuig vertraag is nie, en niemand het inligting deurgegee nie. Ons het op die ou einde eers teen 4uur vertrek. Die ongerief wat veroorsaak word maak my kwaad.

Liewer bangjan ·

Ek sou verlig wees dat die herstelwerk gedoen is al het dit die vlug vertraag. N stukkende vliegtuig in die lug is gevaarliker as een in die werkswinkel.

Beatrice Grobler ·

Dis n algemene verskynsel by Mango en Kulula ons was al verskeie kere die slagoffers daarvan

Chantel ·

My ma en broer is 2 weke terug ook deur dieselfde storie. Vlug was vertraag met 2 ure en toe is hulle laat vir hulle afspraak.

Marietjie ·

Ek sal nooit weer Mango vlieg nie. Hulle diens is uiters swak. Hulle het eenvoudig vlug week voor tyd gekanselleer en toe ek beswaar aanteken, toe bied hulle kansellasie terugbetaling aan. Dit sou egter nie werk nie, want ek was nie seker van ander vlug terug Johannesburg toe nie.
So van 3:30 vlug, verander na 6:15 en toe 8 uur, is ons uiteindelik 8:30 weg. Loods het baie goeie tyd opgemaak en ons land toe 9:30 in Johannesburg. Maar moes toe meer as halfuur wag vir bagasie :( Never again Mango!

Lynette ·

Marietjie, my bedoel die vlieenier. Loods is die “hanger” waarin vliegtuig gebere word.

right said Fred ·

Ek het gehoor Toks van der Linde het glo die vliegtuig se vlerke afgeruk om die prokureur wat sy vrou geklap het by te kom.

Johnny ·

Nou lekka gelag ja ek vlieg maar British Airways hoop hul vang daai ou wat haar geklap het

Sonja ·

Verbaas mense vlieg nog met SA vliegtuie. Hulle sal dit nooit erken, maar SA vliegtuie val uitmekaar. Is dit nie hoeka Mango wat laas week n nose dive gedoen het nie? Julle waag julle lewens!

Pieter ·

Kannie glo mense vlieg nog mango of SAL nie vertrou niks waar die ANC by betrokke is nie

Cicil ·

My pa se Mango vlug was Vrydagmiddag vertraag met 7ure!! Hulle sou 16:30 vertrek uit JHB en het eers 23:10 vertrek. Baie swak lugredery – vermy ten alle koste

Donald ·

Waar n vliegtuig val trek ‘n rokie, of is dit nou andersom? Nouja, ek moet aanvaar geen SA vlieënier sal kanse vat nie, so al vlieg ek by uitsteek met my keuse, dink ek nie die storie is nuuswaardig nie.

Johanna Botha ·

Mango is deel van saa …so ek bly daar weg uit beginsel

Kiskar ·

Nou slaan jy die spyker op die kop, Johanna. Ek vlieg uit beginsel nooit met Mango nie. Eks baaaaie gelukkig met die groen lugredery se diens. Nog nooit probleme met hulle gehad nie.

Victor Cloete ·

Ons Mango vlug moes Vrydagaand 19:00 vertrek dit het 01:50 vertrek. Geen verskoning niks nie. Daar is groot fout by Mango

Hannelie ·

Dis niks vreemds nie. Het al heeldag op lughawe gesit en wag vir ons vlug van Kaapstad terug JHB toe. Hulle het ons op die ou end op n Kango vlug gesit.

liz ·

Vlieg gereeld Mango na my kinders toe, en die vlugte is 3 uit 5 keer met gemiddeld uur en half vertraag. Swak diens het nou die norm by Mango geword.

Ig ·

My kind en kleinkinders moes Vrydag 7 uur vlieg en het eers half 5 Saterdag oggend geland, geen redes wat sin maak is gegee nie, Pateties verby.

George in Bloem ·

Deel van die korrupte onbevoegde SAL sirkus wat ons belastingbetalers miljarde kos. Raak nie aan hulle eers met ‘n tang nie.

C ·

Het ook self ‘n rukkie terug met mango gevlieg vanaf Zanzibar jhb toe vlug was vertraag met 7 ure gewees weens “lugverkoeling” probleme toe ons vliegtuig uiteindelik daar aankom was dit nie eers mango se vlieëniers of lugwaardinne gewees nie! Moet sê toe ons daai vlieg klim was my senuwees klaar gewees wil ook nie graag weer op een van hulle vlugte wees nie

Johan Potgieter ·

Hulle is gelukkig dit is nie Europa nie. Vir sulke vertraagings kan jy tot 600 Eruo’s terug kry. Min mense weet daarvan.

Carin ·

Ons het op 13 Oktober ook met Mango gevlug. Hulle het ons amper ‘n uur laat staan op die bus wat ons na die vliegtuig moes neem. Toe ons navraag begin doen toe moet ons bus verlaat en wag. ‘n “Stoel”volgens hulle was los…. Dalk eerder ‘n skroef…… ! Geen kommunikasie!

Carin ·

Ons het op 13 Oktober ook met Mango gevlug. Hulle het ons amper ‘n uur laat staan op die bus wat ons na die vliegtuig moes neem. Toe ons navraag begin doen toe moet ons bus verlaat en wag. ‘n “Stoel”volgens hulle was los…. Dalk eerder ‘n skroef!

Carin ·

Ons het op 13 Oktober ook met Mango gevlieg. Hulle het ons amper ‘n uur laat staan op die bus wat ons na die vliegtuig moes neem. Toe ons navraag begin doen toe moet ons bus verlaat en wag. ‘n “Stoel”volgens hulle was los…. Dalk eerder ‘n skroef!

Hennie ·

En ons moes 3 ure wag Vrydag middag vir SA Express se kotskoets tussen Bloem na JNB. Scary tye…

NC ·

Ons was sowat 3 weke gelede, op n Sondag vertraag met 4ure en 20min. Moes 16:00 vlieg, het 20:20 gevlieg. Kaapstad to Lanseria. Mango is pateties.

AB ·

Dit is veiliger om met ‘n toyota taxi deur Lesotho te jaag as om met mango te vlieg!

David Potgieter ·

Ek het gereeld met Mango vanaf JHB na Kaapstad gevlieg (ongelukkig is die vlug altyd deur my werkgewer geboek) waar ek woon, en nog NOOIT het ons vertrek op die tyd wat bestem was nie. Die swakste lugdiens in SA.

Leon ·

Swart Ekonomiese Bemagtiging. Dit is die oorsaak. Niks meer nie, niks minder nie.

Callie van der Merwe ·

Kiskar ek sien jou wonderlike groen lugredery het ook ‘n probleem vanoggend! Sommige vliegtuie mag nie opsuig nie want hulle voldoen nie aan al die veiligheid standaarde nie! Ek vlieg tussen 50 en 80 keer per jaar en glo my al die lugdienste het maar dinge wat soms skeefloop. Sommiges is wel meer op tyd ens maar ek verkies om laat te wees as om onverwags te land!

Elmira ·

Dit het al te veel met ons gebeer. Mango is altyd laat. En ons het ook al 7 ure vir n vlug op n sondag gewag. Het eers 12:30 die aand by die huis gekom. Ons het ook al vasgesit op die vliegtuig. Die deur wou nie oopmaak nie. Hulle vliegtuie val uit mekaar uit. Ek sien n ramp kom! Sal nooit weer met hulle vlieg nie.

vrotmango ·

4 ur en julle moan ek het van af 7 uur die oggend in Zanzibar se lughawe wat smeulend vuil is gesit tot en met half 4 die middag , en mango het geen inligting vir ons gegee nie geen rede…nie eens n koeldrank verniet nie…dit was glad nie lekker nie en ek was half dood want daai land se toilette en ander geriewe is nou nie die beste nie…na n vakansie in Zanzibar is dit glad nie die huis toe kom wat ek verwag het nie..

AH ·

Ek vlieg ten minste drie keer per jaar (m.a.w. 6 vlugte) met Mango en kan met eerlikheid sê dat ek nog nooit ‘n slegte ondervinding met hulle gehad het nie. Met my laaste vlug in Augustus vanjaar het ons vlug ‘n halfuur laat vertrek, maar die vliënier het ons verseker dat hy die tyd sou inhaal en ons nie laat by ons bestemming sou aankom nie. Dit het toe gebeur en ons het op die oorspronklike bestemde tyd geland. Ek sal beslis weer van hulle gebruik maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.