Die vakbond Solidariteit het Vrydag gesê hy is steeds gereed om met die bestuur van die lugredery Mango te onderhandel oor salarisverhogings vir sy lede. Dit volg nadat die vakbond Mango-bestuur daarvan in kennis gestel het dat sy lede, wat 95% van die lugredery se vlugbemanning uitmaak, Maandag om 05:00 ʼn industriële aksie van stapel gaan stuur.
Dit is die nuutste verwikkeling nadat die lugredery reeds in Augustus vanjaar ná die vierde onderhandelingsronde ʼn geskil met die vakbond verklaar en aangedui het dat onderhandelinge ʼn dooiepunt bereik het. Volgens Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris by Solidariteit, het die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ʼn stakingsertifikaat aan Solidariteit toegestaan nadat die partye ook nie by dié forum tot ʼn skikking kon kom nie weens Mango-bestuur se onwilligheid om verder te onderhandel.
“Solidariteit was regdeur die hele proses bereid om tot verdere onderhandelinge met die maatskappy oor te gaan. Nieteenstaande die feit dat Solidariteit oorgehaal is om aan verdere gesprekke by die lugredery deel te neem, blyk dit uit die maatskappy se aksies dat die lugredery nie gereed is om aan ʼn konstruktiewe onderhandelingsproses met sy hoogs gekwalifiseerde vlieëniers deel te neem nie,” het Reyneke gesê.
Volgens Reyneke is die vlieëniers by die lugredery toegewy aan hul werk. “Solidariteit het dit verder ook aan Mango gestel dat hy op enige gegewe stadium oor die naweek bereid is om met die lugredery in gesprek te tree,” het Reyneke gesê.
Ek wou net se laat ek eers more terug vlieg dan kan julle staak
Soek hulle ook nou ‘n reddingsboei soos SAL.
Afrikaners, staak, nie.
Alle passasiers in SA weet dit; die SAL hou sommer maklik ‘n straler op die grond as daar nie ‘n swart vlieënier kan wees nie. En wanneer laas het julle ‘n leliewit bemanningslid gesien. So, al gevolgtrekking wat ek kan maak, is dat Mango gedwing word om ook SAL se “transformasie” proses te volg. Die regerende party wil nie bleeksiele in hierdie land hê nie. “End of story”.
Staak vlieëniers, staak. Want julle het ‘n goeie saak. Baie dankie vir jul toegewydheid, Solidariteit.
217 van die 225 senior kapteins is lelieblank.
48% van die totale salarisrekening van die SAA gaan aan die loodse!
Minder as 20% van alle loodse is swart.
Hoop nie daar gaan ‘ n paar oud taxi bestuurders vliegtuig vlieg nie, soos wat hulle bestuur is die passasiers nie veilig nie en as hulle hulle die vliegtuig omgooi is daar moelikheid.
Kan in totaliteit nie saamstem met die staking nie. SAA loodse het voordele wat geen lugdiens ter wêreld bied nie soos 180 dae betaalde siekverlof per jaar, besigheidsklas gratis vlugte vir hele gesin ens. Lees bietjie op daaroor.
Eish….werk jy dalk vir een of ander lugredery (verskoon my spelling), want dit klink of jy meer as ons gewone burgers weet.ek self kan ook 6 maande siek verlof kry teen volle betaling,maar glo my vry ek het in my hele werkende lewe nog nie een dag afsiek gehad nie.my pa het meer as 40jaar in die tronk gewerk en het net 1 dag af gehad vir “siek”…..dit omdat hy van die 3de verdiepping af geval het.soos my oom sè julle tronk kinders is taai.
Presies wat mens kan verwag omdat Mango deel is van SAA …en ons weet watse gemors dit is !