Mango-staking: Mango versoek ʼn gesprek met vakbond

Argieffoto (Foto: Bluesnap, Pixabay)

Mango het die vakbond Solidariteit glo versoek om weer na die gesprekstafel te kom om sodoende ʼn vergelyk tussen die partye te probeer bewerkstellig te midde van ʼn staking deur vlieëniers by die lugredery.

Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris by Solidariteit, het in ʼn verklaring gesê die lugredery het Solidariteit versoek om gesprekke rondom stakende vakbondlede se eise te hervat. Volgens Reyneke het Solidariteit bevestig dat die vakbond wel beskikbaar sal wees om op die forum te onderhandel.

“Soos ons van die begin af gemeld het, was ons deurgaans bereid om te onderhandel terwyl die maatskappy sy rug op die kollektiewe onderhandelingsproses gekeer het,” het Reyneke gesê.

Solidariteit-lede by Mango, wat 95% van die vlieëniers by die lugredery uitmaak, het Maandagoggend begin staak nadat salarisonderhandelinge tussen die lugredery en die vlieëniers vasgeval het. Reyneke het Sondag gesê Mango se bestuur het vroeër geensins daarin belanggestel om met sy werknemers te onderhandel nie.

“Mango se bestuur het bloot voet by stuk gehou dat hy nie sy aanvanklike aanbod van 6% sal hersien nie, terwyl die vakbond sy mandaat sou aanpas in ʼn poging om die onderhandelinge te laat slaag. Mango het Solidariteit-lede dus met geen ander keuse gelaat nie as om die ongewenste stap van ʼn staking te volg,” het hy gesê.

Mango het Maandag en Dinsdag ʼn lyste van vlugnommers op sy webtuiste geplaas van vlugte wat weens die staking gekanselleer of herskeduleer is. Volgens die lugredery is sommige kliënte na ander lugrederye se vlugte oorgeplaas, terwyl ander vlugte met ʼn paar ure vertraag is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Hoe hard KAN n ryp Mango val? Sou BAIE graag die samestelling van MANGO se “bestuur” wou waarneem? VAT SO FLAFFI!

tom ·

Dis wat die blankes moet doen om hierdie land te wys hulle kan nie sonder ons

Johanna Botha ·

Nou is dalk die tyd om vir jou chommas n job by mango te gee ..en kyk wat gebeur …dis wat met die hele land sover gebeur het….jip alles is verongelyk …wat werk nog reg ? ….bitter min as jy my vra !

Respek ·

Sterkte Deon en span. Trots op julle. Mango moet net eenvoudig ingee. Al die ander (gewelddadige) stakers is altyd suksesvol en as iemand Solidariteit hoor is hulle negatief. Vir die eerste keer het hierdie mense ook nou maar hulle voet neer gesit en gesê, geen verdere uitbuiting nie, en hulle standpunt gestel. Hoop julle kry julle verhoging, dis nie asof julle vir 23% vra soos by Eskom en SAUK uitgedeel word nie, julle wil net julle regmatige deel hê. Duisende mense se lewens is in vlieeniers se hande, behandel hulle maar met respek!

LBS ·

Respek en Deon, meeste van ons stem 100% saam. Mango is steeds my gunsteling lugredery, raai hoekom? Byt vas julle, totdat julle kry wat julle toekom. Anders vlieg ek ook nooit weer Mango nie, ek het my lewe lief! Ek wil vlieg met bekwame vlieëniers met jarelange ondervinding….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.