Mango-vlieëniers staak

mango

Argieffoto.

Personeel en vlieëniers van die lugredery Mango het aangedui dat hulle gaan staak.

Die vakbond Solidariteit het Sondagaand bevestig dat sy lede, wat 95% van die vlieëniers by Mango uitmaak, vanaf Maandag om 05:00 gaan staak nadat onderhandelinge “in duie gestort het”.

“Die vakbond het Sondag met die bestuur van Mango byeengekom om tot ʼn moontlike skikking te kom rakende salarisonderhandelinge vir sy lede wat onder andere kapteins en eerste offisiere by die lugredery insluit,” het Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris by Solidariteit, gesê.

Hy het bygevoeg dié ontmoeting met die bestuur van Mango het geen vrugte afgewerp nie. “Ongeag die werklikheid dat Mango se vlieëniers aansienlik minder verdien as die bedryfsnorm, het bestuur geensins daarin belanggestel om met sy werknemers te onderhandel nie. Mango-bestuur het bloot voet by stuk gehou dat hy nie sy aanvanklike aanbod van 6% sal hersien nie, terwyl die vakbond sy mandaat sou aanpas in ʼn poging om die onderhandelinge te laat slaag,” het Reyneke verduidelik.

Reyneke het voorts gesê dat hoewel Solidariteit vier dae kennis van die beoogde staking, wat langer as die vereiste tydperk is, aan bestuur gegee het, was bestuur aanvanklik nie geneë om met Solidariteit te vergader nie. “Ondanks die feit dat Solidariteit deurentyd nog oorgehaal was om aktief aan die onderhandelingsproses deel te neem, het dit ʼn senior kaptein geverg om die bestuur te oorreed om hoegenaamd met die vakbond te vergader,” het Reyneke gesê.

“Dit blyk weereens dat die bestuur by Mango nie daartoe verbind is om sy gekwalifiseerde werknemers tegemoet te kom wat hul salarisverhogings, wat benede markwaarde is, betref nie. Mango het Solidariteit-lede dus met geen ander keuse gelaat as om die ongewenste stap van ʼn staking te neem nie,” het Reyneke verduidelik.

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit het Vrydag reeds ʼn waarskuwing gerig dat industriële aksie dreig.

Die lugrederye het teen Maandagoggend geensins op hul sosialemediaplatforms aangedui of enige beplande vlugte weens die staking geraak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Apache ·

Zuma en ander lede van die regering kan nie eers n land regeer nie en nog minder n vliegtuig vlieg en hulle verdien veel meer salaris dan die pilote, dis reg julle moet staak want ek sou dit ook gedoen het.

Eish ·

Vir wat kry hul minder as die industrienorm?
Wyk uit internasionaal mense, SAA is gedaan bestuur.

jaco ·

Ok het regtig gedink Solidariteit sal beter dink as om OOK op die staak “bandwagon” te spring. Dis regtig vreemd, want organisasies waarby Solidariteit geaffilieer is, is vinnig om stakings van veral geaffilieerde vakbonde te kritiseer.

Justice ·

Mango is in alliansie met SAL – almal wil nou uit die reddingsboei baat vind totdat al daardie gelde ook binnekort in die niet in is.

Nico ·

Nou daal Solidarteit net so laag soos ANC. Gaan hulle die werkers nou netasl vir die onkpmste wat hulle a.g.v staking verloor? Nee, want ook Solidariteit leef lekker op die soustrein met werkers se lede geld!

Ken2 ·

Hierdie staking het merite en is heeltemal anders as baie ander vakbonde se onredelike eise.

Andre ·

Vir die slim mense, wat is julle beter voorstel as jou salaris nie markverwant is en die bestuur nie met jou wil vergader nie – gaan vir altyd so aan en sukkel voort? Hoe beskerm die vakbond hulle lede? Maak ‘n voorstel asb.

Kiepie ·

Bedank en gaan werk vir iemand wat jou wel ‘n markverwante salaris betaal. En moet asseblief nie vir my sê “Maar werk is skaars” nie, want dan beteken dit net dat daar ‘n ooraanbod in jou spesifieke beroep is wat weer beteken jy gaan natuurlik minder verdien.

bee ·

Andre wil ek ook weet asb? sommige plekke sê doodeenvoudig vat jou handsak en loop as jy nie gelukkig is met j salaris nie! Daar is plekke wat mense vir 5 jr geen verhogings gee nie! met jare diens word jy doodeenvoudig afgedank; ek hoop solidariteit bly veg vir onregmatige dinge!!

Stefan Malan ·

Jaco, jy is 100% reg oor Solidariteit en ek is baie terleurgesteld in die vakbond se optrede.

ALLE stakings is ontwrigtend, maar sommige is meer ontwrigtend as ander. Dink, byvoorbeeld, aan die honderde passasiers wie plek op Mango-vlugte bespreek het en wie se beplande binnelandse vakansie, of wittebrood in Zanzibar (Mango vlieg ook Zanzibar toe), of belangrike besigheidsafspraak, of ‘n besoek aan die kinders of ouma en oupa, ens, ens, ernstig ontwrig of selfs gekanselleer moet word. Gaan Solidariteit instaan vir die finansiële verliese en ongerief wat hierdie passasiers lei?

As ek ‘n passasier was wat deur die staking benadeel word, sal ek weer ‘n vlug op Mango bespreek? Nee. Sal ek ander aanraai om Mango te vlieg agv my slegte ervaring? Nee, en so sal vele ander dit ook doen. Mango sal nou waarskynlik ‘n klomp geld aan ‘n beeldbou-aksie moet bestee om te probeer om weer passasiers te lok – en daarom dalk nog minder geld hê om die loodse te vergoed.

Loodse het ‘n uiters belangrike en verantwoordelike beroep en móét na behore vergoed word, maar het die werkgewer nie dalk ‘n geldige finansiële rede waarom ‘n hoër vergoeding nie toegestaan kan word nie? Vele lugrederye veg om finansieel te oorleef en vou in talle lande.

Almal wat met die staking saamstem, hoe ingenome sou jy met Solidariteit gewees het as jy een van die passasiers was wat deur die staking geraak was?

Paw Paw ·

Ag asb, dink bietjie wie is die vlieeniers as 95% van hulle deur Solidariteit verteenwoordig word? ‘n Ruk terug toe die ander unies gestaak het, het julle dit maar net aanvaar, want dit is deel van die kultuur. Vreemd as wit ouens staak omdat hulle minder as ander kry en met swak verhogings tevrede moet wees dat julle almal julle toys uit die kot uitgooi, maar as al die ander (oorwegend gekleurde) unies staak, dan aanvaar julle dit maar en bespreek ‘n later vlug! PATETIES! Hoe ingenome is julle met die VERPLEEGSTERS en DOKTERS wat staak? Ag nee regtig .. dit is nou alweer twee stelle reels en dit lyk my die blankes spring ook nou op die bandwagon om ander blankes te benadeel .. Hoekom vlieg jy dan nie self jou vliegtuig as jy so slim en gekwalifiseerd is nie?

Johanna Botha ·

Mango is deel van SAA en hulle het nie geld nie …hoe diens mens n vluegtuig sonder geld wonder ek nou ook ….

chuck ·

fly while you can. one of these days you will have to go ox wagon

Afrikaanse Knaap ·

Dis hoog tyd dat Solidariteit ons bietjie mobaliseer binne die bepalings van die wet. Dankie manne.
Ek voel egter vir die arme mense wat vandag moes vlieg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.