Mango vlieg met gehuurde vliegtuie

(Foto: Mango/Facebook)

Die laekostelugredery Mango sê hy hoop om ʼn oplossing te vind vir die dispuut tussen die lugdiens en SAL Tegnies (SAAT) nadat SAAT sy dienste aan Mango weens wanbetaling opgeskort het.

“As deel van gebeurlikheidsplanne gaan Mango voort om deur derdeparty-huurooreenkomste – asook die bedryf van ons eie vliegtuie – te vlieg,” lui ʼn verklaring van die lugdiens.

“Ons vra vir geduld en begrip in hierdie moeilike tyd. Ons sal almal op die hoogte bring sodra meer inligting beskikbaar is. Ons betreur die aangeleentheid en vra om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak is.”

Mango het die afgelope naweek gesê gesprekke tussen Mango en SAAT duur voort en dat sy bedrywighede intussen normaalweg voortgaan. SAAT is verantwoordelik vir die instandhoudingswerk aan Mango se vloot.

Mango het passasiers intussen gevra om sy webwerf gereeld dop te hou vir enige verandering aan hul vlugstatus.

Plaaslike vlugte is op vlak 1 van die afsonderingstydperk hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wilhelm ·

Is daar sowaar nog mense wat met SAL of Mango sal vlieg ?

Hennie ·

Ek sal nie op Mango of SAA boek nie! Stem reg…bly weg! Vlieg SAFAIR!

Hennie ·

Gelukkig vermy ek SAA en Mango al vir meer as ‘n dekade. Wees versigtig mense, wees versigtig.

Die Wolf ·

Mango skuld my nog kaartjies wat volgens hulle vir twee jaar geldig is. Wonder nou of dit sal materialiseer?

JohanR ·

Wie sou gedink het dat SAFAIR die numero uno vliegtuig maatskappy in SA sou word. Maar dan dink weer. Privaat maatskappy wat goed bestuur word, en soos ek kan sien geen mors van geld of mense nie…..in Engels se mens “they run a tight ship!” Het nog nooit van die belastingbetaler verwag om hulle uit te bail nie! Gee SAA vir SAFAIR met al hulle hulpbronnem en binne drie jaar neem SAA by Ethiopia Airways oor as Afrika se beste lugredery. Hou alle goverment en ministers se hande weg!

My siening ·

Mango jy het met semels (SAL) GEMENG en toe eet die varke jou op!

Jacobus ·

Sover my kennis strek, het Mango nog altyd vliegtuie by die Lugdiens gehuur. Dit beteken dat Mango ten koste van belastingbetalers ‘n lugdiens bedryf het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.