Mango-vlugte glo vertraag weens ysweer

'n Maroela Media-leser het die foto verskaf

‘n Maroela Media-leser het die foto verskaf

Verskeie vlugte van O.R. Tambo-lughawe word glo vertraag weens die ysige weerstoestande.

‘n Maroela Media-leser, wat anoniem wil bly, het laat weet dat talle vlugte van die lugredery Mango Woensdagoggend vertraag is. Mango het op sy Facebook-blad bevestig dat vlugte vanaf Johannesburg vertraag is weens “ystoestande”.

Volgens Mango is daar ‘n vertraging van sowat 45 minute. Op Twitter voer passasiers egter aan dat verskeie vlugte reeds langer as twee ure vertraag is.

Vlugte na Kaapstad, Durban en Port Elizabeth word onder meer geraak. Volgens die Maroela-leser is ander lugrederye se vlugte nie vertraag nie.

Hein Kaiser, Mango se woordvoerder, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie. Tlali Tlali, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), kon ook nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

Word jy deur die vertragings geraak? Stuur vir ons ‘n e-pos by [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

Ek woon in Kempton Park. Reg teen-aan die lughawe. Dis nie vandag besonders koud nie. Nie kouer as ander dae nie.

Elizabeth ·

@Sandra – en ‘n VROT een daarby. Ek betaal liewer meer maar NOOIT ooit weer Mango. Paar jaar gelede op pad na Cultivaria fees in Paarl. Hul het my wel kon sms van ek vlug bespreek het tot EEN DAG voor vertrek omdat hul skedules verander het maar toe die vlug die oggend vertraag was kon hul nie laat weet dat agv vertragings hul ‘n “backlog” het en ons eers einde van daardie langnaweek sou kon vertrek -wanneer ons reeds weer moes terugwees! Die ergste is dat hul ons bagasie geneem het alhoewel hul alreeds toe geweet het vlug gaan NIE vlieg nie. Toe almal klaar inbespreek en bagasie weg is TOE kom so nare meisie en vertel op ‘n ongeskikte manier die storie. Almal wat toe ontsteld is en vrae vra is behoorlik aggressief aangevat – asof dit HULLE skuld is. Toe is dit ook op en af en heen en weer om ons bagasie te kry…’n nagmerrie! Ek het gesinne wat seker ‘n jaar gespaar het omKaap toe te vlieg met hul gesin vir kort skoolvakansie SO jammer gekry, die kinders se gesigte wat moes hoor hul gaan nie vlieg ens… Ons het toe per motor gery maar die houding teenoor passasiers, hul totale niks-omgee…nooit weer. En het ons gewag vir ons terugbetaling! Ek moes oor en oor bel, e-pos stuur en op hellopeter.com kla en TOE eers na meer as ‘n maand kry ek my geld terug. Intussen moes ek wel my kredietkaart betaal, hulle het nie ‘n saak met Mango wat gevrot het nie, so hulle het lekker rente op my geld (en duisende ander s’n) gekry voor dit terugbetaal is – swak, swak, swak. So, nooit ooit weer.Hul weet glad nie hoe om met die betalende publiek te werk nie en omdat hul deel van SAL is sal ek nooit weer hul gebruik nie.

Marlene ·

Daar was n ligte vliegtuig wat by King Shaka n noodlanding moes maak. Het niks op nuus gesien nie. Wonder hoekom???

Alta Enslin ·

Marlene, ek dink hulle beskerm die identiteit van daardie loods, want as ek en ander passasiers wie se vlugte gister met tot 3 ure vertraag is, hom in die hande kon kry, sou hy dalk na-ongelukse beserings opgedoen het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.