Mango-vlugte tydelik opgeskort

‘n Vliegtuig van die lugredery Mango. (Foto: Elaine Krige)

Die laekostelugdiens Mango het al sy vlugte tot verdere kennisgewing opgeskort.

Maroela Media het Maandag berig die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging (Sacca), Mango se Vlieëniersvereniging en die metaalwerkersvakbond Numsa het Maandag hofstukke ingedien waarin hulle vra dat die redery, ʼn filiaal van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), in sakeredding geplaas word.

Werkers ontvang al die afgelope twee maande nie salarisse nie en van die beloofde R819 miljoen-reddingsboei het daar tot dusver niks gekom nie, sê die vakbonde.

Mango het Dinsdag om verskoning gevra vir vertragings met vlugte.

“Ons kan bevestig dat al ons dienste en vlugte tydelik van vandag af tot verdere kennisgewing opgeskort word weens uitstaande betalings aan ATNS.”

ATNS is Suid-Afrika se lugverkeernavigasiediens.

Mango sê hy hoop om bedrywighede weer so gou moontlik te hervat. Daar was egter geen aanduiding van wanneer dit gaan wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.