‘Mangope sal waardige begrafnis hê’

Lucas Mangope, voormalige leier van die destydse tuisland Bophuthatswana. Foto: ANA

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, het Vrydag gesê Lucas Mangope, voormalige leier van die destydse tuisland Bophuthatswana, sal ʼn waardige begrafnis hê.

“Die premier se kantoor het amptelik ʼn boodskap van die familie ontvang en sal verseker dat Kgosi Mangope ʼn waardige begrafnis kry,” het Mahumapelo gesê.

Mahumapelo het gesê toe hy in 2014 aangestel is as premier het hy vir Mangope besoek om van sy wysheid te bekom. Hy sal glo die gesin Sondag besoek om sy medelye te betuig.

Mangope is Donderdag in die ouderdom van 94 dood by sy huis in Motswedi naby Zeerust.

Mangope was die stigter van die United Christian Democratic Party (UCDP) in 1997. Die UCDP het Vrydag gesê Mangope sal onthou word vir die infrastruktuurontwikkeling gedurende die tydperk wat hy aan die hoof van die voormalige tuisland gestaan het.

Mangope was ná 1994 steeds aktief in die politiek, maar is uiteindelik geskors uit sy UCDP.

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het gesê ondanks die feit dat Mangope ʼn uitgesproke opponent was van die ANC se demokratiseringsprojek, het hulle steeds respek en bereidwilligheid om oor ʼn gemeenskaplike doelwit te gesels behou.

Die ANC het sy medelye met die Mangope-familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Chris Ws ·

GEEN anc president sedert 1994 sou eers in Lucas Mangope se skaduwee kon staan nie!As hy president van die’ land kon wees was dinge BAIE anders hier!Hy het geweet wat werk en wat nie en het geen nonsens in sy tyd as president van Bop van enige iemand gevat nie.RIV Ou Grote!

SjN ·

Was n goeie leier, tydens erge droogtes in die ou Bop het hy opdrag gegee om uitgeteerde donkies van kant te maak om so weiding te red, tans word die droogtehulp aangewend vir luukse voertuie, dis die verskil tussen vooruitgang en korrup.

BR ·

Chris stem saam Hy was 10 keer beter as enige ANC leier. Hy het tenminste goeie waardes gehad en het geweet produktiewe mense bou n land. Daarom het Hy vir hulle gesorg.

L ·

Hy het Fw en pik op internasionale Tv gewaarsku dat hul teen God sondig om die land vir anc oor te gee en dat dit vir groot probleme gaan gee.

snoefie ·

rus in vrede nKhulu. n waardige begrafnis? weet Supra en die anc wat WAARDIGHEID is? sien voorwaar alweer n kans on belastingbetalers geld nuwe losies te gee en weer haat aan te blaas en propeganda te saai.

E.K. die eerste ·

Perfekte Afrikaans kon praat sowel as Engels. Baie waardige man en leier gewees.

Vermeende ·

Lucas was by verre n grooter gees as Mandela, de klerk en sy brousel is dit nie eens waardig om in sy skadu te staan nie.
Lucas was n ware heer met insig vir sy mense en verdien om vereer te word vir sy liefde vir sy mense, n goeie leier wie se gelyke sedert die de klerk tydperk nog nooit weer in Afrika was nie.

Hy sal gemis word en sy wysheid is nou verlore.

Daan ·

Geen probleem gee vir die man n waardige staats begrafnis maar Fw moet as n pauper langs die spruit begrawe word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.