Mangosuthu Buthelezi toets positief vir Covid-19

Mangosuthu Buthelezi. Foto: Bongani Mbatha /African News Agency (ANA)

Die parlementêre leier van die Inkatha Vryheidsparty, Mangosuthu Buthelezi (91), het positief getoets vir die koronavirus.

Luidens ʼn verklaring wat Saterdagmiddag deur die Buthelezi-familie uitgereik is, het dit vandeesweek aan die lig gekom dat Buthelezi kontak gehad het met iemand wat die virus onder lede het.

Hoewel hy geen simptome toon nie, is hy vir die volgende twee weke in selfisolasie by sy huis naby Ekudubekeni tussen Ulundi en Nongoma in Zoeloeland.

Buthelezi word later vandeesmaand 92 jaar oud. Sy familie het gesê ʼn span mense is saamgestel om sy toestand te monitor.

Die familie het ook onderneem om Suid-Afrikaners deurgaans op die hoogte van sy toestand te hou.

Buthelezi het verlede jaar as partyleier uitgetree. Sy vrou, Irene (89), is ook verlede jaar ná ʼn lang siekte oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dirk Mostert ·

Geen simptome. Hy makeer niks. Die hoeveelste bewys van die “toets” se onbetroubaarheid. Bekendes het al asimptomaties positief getoets en kort daarna negatief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.