Manifesbekendstellings: Leiers praat oor grond, minderhede en Afrikaans

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, spreek ondersteuners toe tydens die party se bekendstelling van sy verkiesingsmanifes in die Rockwood-teater in Pretoria. Skermskoot: VF Plus

ʼn Kwarteeu van ʼn ANC-regering – slegs agteruitgang en wanhoop. Suid-Afrika wankel op die rand van ʼn afgrond.

Só lui die inleiding van die VF Plus se verkiesingsmanifes wat Saterdag in die Rockwood-teater in die ooste van Pretoria bekendgestel is.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het tydens sy toespraak gesê elkeen in die land moet homself nou afvra watter toekoms hulle, hul kinders en kleinkinders in Suid-Afrika het, en hoe die situasie oor 20 jaar gaan lyk.

“Wat vandag in Suid-Afrika gebeur, raak elkeen in die land direk en bepaal tot ʼn groot mate hoe elkeen se toekoms daar gaan uitsien. Suid-Afrika se Grondwet bepaal die land behoort aan almal wat in hom woon. Verenig in hul verskeidenheid. Die waarheid is egter dat dié eenheidsbelofte dáár begin en dáár eindig. Dit is net woorde.

“Is ons regtig verenig? Kan ons verenig wees as die president van Suid-Afrika nie sy grondwetlike plig nakom om nasiebou te bevorder nie? Is dit nasiebou om haatspraak teen wittes te verkondig deur prontuit te sê dat wittes en selfs hul diere uitgemoor moet word? Dan staan die president nie daarteen op nie. Hy verdedig dit eerder deur te sê die uitsprake is nie algemeen nie, en dat daar te veel wit rassiste in die land is,” het Groenewald gesê.

Hy het gesê dit is nie die VF Plus wat die rassekaart speel nie, maar eerder die regering wat probeer om daardeur sy mislukkings te verdoesel en sy ondersteuners te paai. “Die regering wil minderheidsgroepe vandag boelie. Daarom sê die VF Plus die ANC moet die Grondwet se aanhef in die praktyk begin uitleef. Hou op om ander groepe te beskuldig vir jou eie onbevoegdheid.

“Wat vandag in die land gebeur, plaas ʼn direkte verantwoordelikheid op elkeen van ons om die regering op sy foute te wys en om die boodskap duidelik uit te stuur dat ons nie sal toelaat dat die regering ons boelie nie. Almal moet daarom opstaan en trots wees op wie en wat hulle is. Die ANC mag nie toegelaat word om ons te definieer nie.”

Hy het gesê alle kultuurgroepe van Zoeloes, Xhosas en Tswanas tot wit en bruin moet trots wees op wie en wat hulle is. “Dit is hoe eenheid in verskeidenheid lyk.”

Groenewald het gesê die boodskap wat die party met sy verkiesingsmanifes wil bring, is ʼn boodskap van hoop en ʼn boodskap dat alles nie verlore is nie. “ʼn Boodskap wat daadwerklike oplossings vir die land se probleme bied van die party wat toenemend gesien word as die groeiende alternatief vir die uitdagings wat elke Suid-Afrikaner in die gesig staar.”

Mmusi Maimane spreek die skare toe in Bellville in Kaapstad by die DA se provinsiale verkiesingsmanifesbekendstelling. Foto: ANA

DA: ‘Een Suid-Afrika vir almal’

In Bellville in Kaapstad waar die DA sy verkiesingsmanifes bekendgestel het, het die amptelike opposisie se leier, Mmusi Maimane, ook klem geplaas op eenheid te midde van diversiteit in Suid-Afrika. Hy het gesê hy is trots op die diversiteit van Suid-Afrikaners “en om die mag van diversiteit te sien, die mag van wat gebeur as ons saamkom rondom gedeelde waardes en daaruit ons dorpe, stede, provinsies en ons nasie bou”.

Maimane het gesê die DA droom van ʼn Suid-Afrika waar almal, ongeag ras of agtergrond, menswaardige en vry lewens kan leef. “Ons noem dit ‘een Suid-Afrika vir almal’ omdat ons passievol glo dat Suid-Afrikaners sterker is as ons saamstaan. En waar ons regeer, is hierdie droom besig om ʼn realiteit te word,” het hy gesê.

Hy het gesê hy verwerp enige uitsprake dat daar nie plek vir sekere Suid-Afrikaners in die land is nie. “As jy Afrikaans is, het jy regte in ons nasie. Jy kan in Afrikaans onderrig word en die taal van jou keuse praat. ʼn Aanval op Afrikaans, is ʼn aanval op ons fundamentele grondwetlike waardes van diversiteit, vryheid, waardigheid en gelykheid,” het hy gesê.

“Dieselfde geld vir al die ander tale. Ons het ʼn plig om die regte van almal te beskerm en te verdedig as ons die droom van 1994 wil bereik.”

Maimane het in sy toespraak uitgebrei oor die voortuitgang wat in die Wes-Kaap gemaak is sedert die DA in die provinsie aan bewind is. Hy het daarop gewys dat daar in die Wes-Kaap meer huishoudings is waar minstens een persoon werk as in enige ander provinsie. “In Suid-Afrika het 20% van huishoudings geen werk nie. Maar hier in die Wes-Kaap, is dit slegs 9% van huishoudings,” het hy gesê.

“Dit is my droom om ʼn werkende persoon in elke huishouding te sien en as julle ons weer hier as jul regering verkies, sal ons hard werk om te verseker dat elke huishouding in hierdie provinsie ʼn werk het. Oor die afgelope tien jaar het ons 508 000 nuwe werksgeleenthede in die provinsie geskep, en die indiensnemingskoers met 24% verhoog, ver bo die van Gauteng en KwaZulu-Natal. Ons het Suid-Afrika se laagste plattelandse werkloosheidskoers op 15,7%. Maak nie saak waar jy in hierdie provinsie woon nie, daar is toegang tot werksgeleenthede.”

Hy het ook genoem dat die Wes-Kaap die hoogste aantal skoon oudits van al die provinsies in sy regeringsdepartemente en -entiteite ontvang het en aangevoer die Wes-Kaapse regering doen meer om misdaad te bestry as enige ander provinsiale regering.

Pres. Cyril Ramaphosa word onder luide toejuiging verwelkom by die ANC se provinsiale verkiesingsmanifesbekendstelling in Rustenburg Noordwes. Foto: ANA

Ramaphosa: ‘Ons moet grondkwessie oplos’

In Rustenburg in Noordwes is pres. Cyril Ramaphosa onder luide toejuiging verwelkom by die ANC se provinsiale verkiesingsmanifesbekendstelling by die plaaslike skouterrein. ANC-ondersteuners, geklee in geel, het gejuig en gefluit en die president het vriendelik vir die skare teruggewaai.

Ramaphosa het sy toespraak begin deur die skare te bedank vir hul ondersteuning. “Ek wil dit sommer van die begin af duidelik stel: Ons, die ANC, neem die vertroue wat julle, die mense van Noordwes, in ons geplaas het sedert 1994, nie as vanselfsprekend nie. Ons staan vandag nederig voor julle, ten volle bewus van die politieke uitdagings in julle provinsie oor die afgelope paar maande wat ʼn groot bron van kommer vir julle is.”

Hy het ook na die werkloosheidskrisis in die land verwys en gesê dit is een van die prioriteite in die ANC se verkiesingsmanifes. “Ons mense het nie werk nie en daarom fokus ons op die kwessie van werkloosheid. Ons is bewus van die uitdagings van gegradueerde werkloosheid. In ons manifes stel ons dit dat ons werk sal skep, ordentlike werksgeleenthede veral vir ons jong mense,” het hy gesê.

Die president het ook verwys na die verbetering van die gehalte van openbare gesondheidsorg en hier verwys na die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) wat hy meen “maatskaplike solidariteit onder ons mense sal kweek”.

Die grondkwessie het ook in sy toespraak onder die loep gekom. “Ons moet die kwessie van grond takel. By ons Nasrec-konferensie het ons onderneem dat grond aan ons mense teruggegee sal word deur onteiening sonder vergoeding. Die parlement is opdrag gegee om dit te hanteer.”

Ramaphosa het ʼn beroep gedoen vir vrede in die provinsie, wat die afgelope paar maande deurgeloop het onder ʼn vlaag gewelddadige betogings, en onderneem dat hierdie probleme ná die verkiesing in Mei hanteer sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Frik Lotz ·

Baie geluk aan VF Plus met die bekendstelling van hul manifes, dit was n groot sukses. Ook baie geluk met VF Plus se 25ste bestaansjaar! VF Plus enigste party wat opstaan vir Afrikaans en vir die regte van minderhede. VF Plus is die groeiende alternatief!

PaulV ·

Ek sekondeer wat jy omtrent die VF Plus sê. Wat Mmusi Maimane omtrent Afrikaans kwytgeraak het, is suiwer om stemme te werf. Hy/die DA voel absoluut niks vir Afrikaanssprekende wit mense/wit mense oor die algemeen nie. Tydens ‘n toespraak wat hy gister by die 2019 Black Business Summit in Midrand, Johannesburg op Vrydag 1 Maart gelewer het, het hy deurentyd na “our people” en swart Suid-Afrikaners verwys vir wie werksgeleenthede geskep moet word en swart besighede wat op die been gebring moet word. Kyk ‘n bietjie op politicsweb punt co punt za.

Johann M van Heerden ·

Praat praat praat. Een man een stem werk nie. As daardie probleem nie opgelos word nie is ons oor 20 jaar nog slegter af. Dieselfde korruptes gaan weer regeer omdat swart mense vir die ANC gaan stem. Dit gebeur deur die hele Afrika.

hendrik ·

Wat daar gepraat word en wat gedoen word is gewoonlik twee veskillende dinge.

hendrik ·

@terloops. Duidelik weet jy so jy kan maar begin verduidelik.

Cherokee ·

Om op so terloopse wyse ‘n nar van jouself te maak in ‘n gesprek..:-)

Afrikaner ·

Maroela het hier bo hul prioriteite reg met die volgorde van plasing, belangrikste eerste.

Gert J ·

HULLE WAS N SAMESMELTINGS VAN In September 2003, kort voor die 2004-verkiesing het die Konserwatiewe Party (KP) en die Afrikaner Eenheidsbeweging (AEB) hulle aan die sy van die Vryheidsfront geskaar. Die Vryheidsfront sou sedertdien as die Vryheidsfront Plus bekend staan. In die 2004-verkiesing het die party se steun toegeneem tot 139 465 stemme of 0,89% van die uitgebragte stemme. Dit het aan die party 4 lede in die Nasionale Vergadering en 1 lid in die Nasionale Raad van Provinsies besorg. Die party het ook verteenwoordiging in 5 van die 9 provinsiale wetgewers.

Die Vryheidsfront Plus word ook nou verbind met die Afrikanergemeenskap van Orania, wat die enigste dorp in Suid-Afrika is met ’n VF-burgemeester, en is voorstanders van die Afrikaner-Volkstaatidee. Bron: Wikipedia

Johanna Botha ·

Ek sou se net die mense met n belasting nommer mag stem …kyk hoe vinnig word n skip dan gedraai !

Afrikaner ·

Opsommend:

100 vir Dr Pieter Groenewald, dis hoe dit moet wees.

Mmusie Maimane se toespraak klink 100, maar dan rym dit nie met hul Beleid wat ‘n kopie van die ANC s’n is nie, SEB ingesluit.

Cyril gee net aan die agtergeblewenes hoop, maar hy het geen visie en hoop dat die regering dit ook veil het vir die minderheidsgroepe, die res en almal na waarde in die land skat nie, hy het witbroodjies, en dan het hy swartbroodjies. En tussenin val die ekonomiese pap op die grond.

Pieter ·

Verkiesings manifes van ‘n politieke party is soos ‘n winkel advertensie. “Die produk en die foto mag dalk verskil”. Geen politieke party in die geskiedenis het al ooit hulle beloftes nagekom nie. Hoekom? Want daar is geen gevolge as hulle dit nie doen nie. Ek stem nooit weer in my lewe nie. Deur te stem gee ek validasie aan die politieke sisteem.

Realis ·

Pieter, ek voel 100% soos jy. As jy gaan stem mag jy nie kla oor die uitkoms nie, want jy is deel van die proses. Kyk hoe haal die kommentators ons nou uit.

Stemtensyjytweederdemeerderheidwilsien ·

In die situasie waar die teenkant (in hierdie geval ANC, EFF en BLF) moontlik ʼn twee derde meerderheid kan kry en dan deur samewerking/saamkonkel die grondwet in hulle guns wil verander is dit uiters noodsaaklik dat jy stem. Jou stem is in werklikheid vir die doel om twee derde meerderheid af te weer 2 MAAL soveel werd as ʼn ANC stem, want in ʼn naby 67% / 33% scenario moet die ANC weer 2 stemme kry om joune uit te kanselleer.

Alida 2 ·

Deur nie te stem nie gee jy die ANC beter kans om met 2derde te wen.
Jy sal nie 100% met ‘n party saamstem nie maar ‘n stem vir ‘n ander party is ‘n stem teen die ANC.
Dink weer.

Dries du Toit ·

Pieter ‘n nie-stemmer is iemand wat nie standpunt kan inneem nie. In die ou stadstate in Amerika was dit n halsmisdaad as jy nie kon standpunt inneem as daar n struweling in die stad was nie. Dan het hulle jou kop afgekap. As dit die geval was in SA sou sekere dele gelyk het soos n pampoenland. Ons wil nie hoor wat n nie-stemmer te se het nie. Gaan kyk daar by koolstoof is n paar lekker resepte. Bak liewer vir ons n koek

Vra net ·

Ek probeer verstaan van die logika dat ‘n DA wegbly stem ‘n stem vir die ANC is. Is ‘n ANC wegbly stem dan ‘n stem vir die DA? Daar duisende geskiedkundige ANC ondersteuners wat gaan wegbly weens hulle verlies aan vertroue in die regering. Dit sal dus die DA kans gee om te wen al dan nie?

Michael von Mallinckrodt ·

Pieter, ek weet nie hoe die stemstels in Suidafrika werk nie. In `n demokratiese land soos Duitsland by voorbeeld werk dit soos volg. As jy ´n registreede kieser is en nie gaan stem nie, word jou stem later vir die party gegee wat die meeste stemme haal. So as ja registreer is, teen die ANC is, en nie stem nie kry die party wat op die ou end wen jou stem. As die stelsel in SA so werk dan kry die ANC jou stempunte as jy nie gaan stem nie.
In ´n demokratiese stelsel is dit ´n burgerplig om the gaan stem. Ook as jy se my stem tel nie dan het jy die demokratiese stels nie begryp nie.

Groete Mike

B ·

Eenheid in diversiteit (en vooruitgang vir almal) sal SLEGS haalbaar wees indien alle diskriminerende wetgewing geskrap word.

Pieter ·

Dink enige iemand dit is moontlik. SA is net ‘n klein treetjie van totale anargie

Afrikaner ·

Opsommend:

100 vir Dr Pieter Groenewald, dis hoe dit moet wees.

Mmusie Maimane se toespraak klink 100, maar dan rym dit nie met hul Beleid wat ‘n kopie van die ANC s’n is nie, SEB ingesluit.

Cyril gee aan die agtergeblewenes hoop, maar hy het geen visie en hoop dat die regering dit ook veil het vir die minderheidsgroepe, die ander en almal na waarde in die land skat nie, hy het witbroodjies (dis nou die swart mense), en dan het hy swartbroodjies (dis nou die wit mense) en tussenin val die ekonomiese pap op die grond.

Dries du Toit ·

Nie stemmers is die wat ten eindr bydra tot die anargie

kobus ·

Ek hoop die wit mense besef daar is net 1 party en dis die VF+.die DA beteken niks vir ons nie.hulle soek net ons stem dan as dit klaar is weer niks.asb kom ons staan saam hierdie jaar

Cobus ·

Sal graag VF+ wil stem maar om net partei beleid op een rasse groep in SA te probeer beskerm is net nie realisties soocs bewys word met klein hoeveelheid steun,day eenigste partei wat werkbare oplossing het

Karin ·

Na 25 jaar sukkel die VF+ steeds om die meerderheid Afrikaners se stemme te trek. Die party is rigtingloos en gryp nie die verbeelding aan nie. Die VF+ is nou soos ‘n boksie smarties, die kieser weet nie wat hy/sy kry nie en wat die party sê en doen is ook nie dieselfde nie. Nou wil die leierskap vir Peter Marais gebruik om bruinmense in die Kaap te lok. Word die VF+ nou ‘n party vir die sg. Afrikaanses?

Pieter ·

Die DA is ewe skielik hand op die blaas met Afrikaanssprekendes. Hul en hul kiesers is deel van die aanslag teen ons taal en kultuur.

Karin ·

Dit is nie skiedelik nie. Die DA het nog altyd op swaar op bruines en Afrikaners gesteun, veral toe Leon en Zille in beheer was. Die huidige leierskap het wel begin om Afrikaners te vervreem en dit sal hulle byt.

Ben Potgieter ·

Het vanaf 1994 nooit weer gestem nie.Gaan die jaar Vryheidsfront + stem.DA is nie in die prentjie nie want hulle is baie soos die ANC.Alhoewel hul ekonomiese beleid beter is.Solank mens op jou velkleur gemeet word vir werkaansoeke sal ek die DA en ANC verpes met passie.Indien jy vir die ANC stem is daar groot fout met jou oordeel,die lot het tot dusver die land in die grond in bestuur.Dit sal nie en kan nie beter gaan onder die lot wat bestaan uit taakspanne,kommissies en wat nog .Reken dis hoekom hulle matriek met ‘n slaagsyfer van 30 % toelaat om te verseker dat hul nie denkende kiesers kry nie.

OÏKOFOOBsemaai ·

Vaarwel DA. As ons Afrikaners, of blankes in die algemeen, vir hierdie ineptokratiese regering, die BLF en EFF, die hoofstroom media en die seunse weenkoor ʼn baie duidelike boodskap wil stuur dan stem almal so ver regs as moontlik. Dis die manier om via die stembus te kommunikeer.

TN ·

Praat aub net namens jouself ; gelukkig is die meeste denkendes nie deel van jou ” ons ” nie !

Boerboel ·

@TN Die DA is ‘n mors van tyd en ‘n mors van jou stem. Hulle gebruik ons net en gee nie om oor ons taal, erfenis of enige ander belange nie. Jy is die een wat nie dink nie. Jy dink jy stem strategies, maar al wat jy doen is om jouself en jou nageslag in die voet skiet.

Harry ·

Pieter merk asb op Afrikaans sprekendes. nie Afrikaners nie nie Boere nie, Afrikaans sprekendes, daar is meer Afrikaans sprekende Kleurlinge as wittes.

ANNA ·

MAJORITY RULE DEFINITION!!
Geen party het ñ kat se kans teen anc+eff!
20 JAAR LATER AS GETROUE STEMMER SIEN EK GÉÉN VERSKIL GÉÉN VERBETERING NÊRENSTE IN SA NIE…
almal blahhhhblahhbla,stry,maak beloftes maar maak geen hond haaraf nie TEEN die massas nie…? geen mens geen party kan ons boudvelle meer red,ons is net te MIN finish en klaar

Kanicope ·

Cope is een van die partye wat vir BEEE staan. Doen eers mooi navorsing voor jy daai kruisie trek…

kobus ·

Piet Retief het ook so gedink…..en toe gebreur wat.word wakker asb.

Dries du Toit ·

Pieter niemand op hierdie forum wil luister na n nie-stemmer nie.
In die ou stadstate in Amerika was dit ‘n halsmisdaad as jy nie kon standpunt inneem as daar n struweling in die stad was nie. Dan het hulle jou kop afgekap. As dit hier die geval was het SA gelyk soos n pampoen land. Gaan kyk liewer op koolstoof is lekker resepte. Los die politiek vir die stemmers.

Dawìd ·

Ha goeie idea van job,sap nommer en so else what? Dit sal werk!Hoekom?!Die uni van hele land sal niks kan doen om te keer nie.So Anc klou hul vas deur unie moet Anc paai met stemme?OH baby!CNA Shopping fail to turn Anc,?Where is my books?

Jerry ·

Die ANC moet gestop word op welke maniere ookal. Die ANC se werkskepping bestaan hoofsaaklik uit die staat, entiteite en munisipaliteite vir ANC kaders. Die ANC kan nie met hulle beleid werk skep nie, hulle kan net werk wat reeds bestaan vat en hulle gaan aanhou vat totdat daar niks meer oor is om te vat nie. Hulp aan SA is hulp aan die ANC. Hulp aan staatsbeheerde entiteite is hulp aan die ANC. Westerse buitelandse hulp moet afgesny word na die staat waar ookal moontlik en moet direk vloei na minderheidsgroepe vir werkskepping nie net in SA, maar ook in die res van Afrika en die buiteland vir alle groepe, uitgesluit die ANC/EFF. Geld van minderheidsgroepe moet vloei na en beheer word deur minderheids en of westerse buitelandse finansiele instellings. Die ANC moet voor die verkiesing uit alle oorde ontbloot word en gelooi word vir hulle sosialistiese beleid en ondersteuning aan sosialistiese state soos Venezuela en vir die ANC se openlike vyandiggesindheid teenoor die weste. Opposisie politieke partye moet met die verkiesing sterk standpunt inneem teen sosialisme en moet die westerse regerings oorreed om ook standpunt teen die ANC en sosialisme in te neem.

Boet Fasie ·

Ek gaan ook maar Vryheidsfront + stem , hulle staan nog op vir die Afrikaner en veroordeel regstellende aksie en BEEE wat gegrond is op kleur ed die uitsluiting van minderheids groepe en wat besig is om ons wonderlile land en sy mense te vernietig. Wie sorg vir die geld wat die staat nodig het om vir die armes te sorg, maak die melkkoei dood en daar is nie meer melk aan die einde van die dag nie, kyk hoe lyk die res van Afrika.

fanie ·

Die Anc is huideglik aan bewind My vraag is net hoekom wil hulle eers na die verkiesing iets aan die betogings en geweld in suid afrika doen hoekom nie dadelik nie

Hendrik UAE ·

Cyril worry oor die gegradueerdes wat nie werk het nie. Hulle kan mos our people se plase se masjinerie bedryf. Wittes sal altyd werk he want Julias wil ons as huishulpe en garden boys he.So alles gaan ok wees.

Alida ·

Die klein partye moet saamsmelt met die DA dit is die enigste manier hoe die ANC gelig kan word. Dit is ongelukkig n feit.

TN ·

Alida , die regses dink ongelukkig met die hart en nie die verstand nie .

Sanet ·

DÁN…alleenlik dan het ons ñ kans, as minderheidspartye, Alida ???

Boerboel ·

@TN om kleiner partye in te sluk gaan die ANC versterk want die DA gaan nie al die ondersteuners van kleiner partye by kry nie. Daardie mense sal liewers glad nie stem nie. Jy is die een wat nie jou verstand gebruik nie. Ons het ‘n proporsionele kiesstelsel. Hoelveel keur moet DA politici ons afkraak voor mense soos jy gaan wakker skrik?

TN ·

Jy is die een wat elke ” keur “dit makiliker vir die ANC maak . Jy sal later waarskynlik in Australië gaan Afrikaans praat maar van ons MOET ‘n lewe hier maak ; ek stem vir ‘n party wat ‘n verskil kan maak vir alle Suid Afrokaners en nie net die handjievol Afrikaners nie .

Willem ·

Kan die nie-stemmers asb die volgende basiese wiskunde probeer verstaan. As daar 100 stemgeregtigdes is, is elke stem 1% werd, so 50 stemme vir ANC is 50%. As 10 nie-stemmers nie stem nie het die ANC nou 50 uit 90 wat 55.6%. So, as jy nie stem nie bevoordeel jy die ANC.

Dries du Toit ·

Dankie Willem. Daai nie-stemmers is groter vyande van die Blankes in die land as die BLF, EFF en ANC saam. Kan nie verstaan dat hulle nog die vermetelheid het om hulle menings uit te spreek nie. Ons wil dit nie hoor nie. Dit is soos dolke in ons hart. Dit maak seer as jou eie mense jou so verraai. Ons is in hierdie slegte situasie reeds a.g.v. dat ons agter die vyande van die Afrikaner aangehardloop het of doodeenvoudig nie ONS mense ondersteun het nie

Wilma ·

En hier kom Ramaphosa en pie net weer die hordes dommes. Hul sal weer vi die anc stem en dan vorder die land nix en als word weer afgebrand. Indien daar ni vordering gemaak is in 25jaar ni hoekom sal daar nou iets gebeur. Lee beloftes vir mag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.