Mans aangerand, vrou verkrag tydens plaasaanval

Argieffoto: Lorraine Claasen

Twee mans is aangerand en ʼn vrou verkrag toe drie aanvallers Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas noord van Pretoria toegeslaan het.

Die aanvallers het die plaas in die Apiesrivier-gebied betree deur die omheiningsdrade te knip. Hulle is daarna na die werkers se woonkwartiere waar twee mans en ʼn vrou woon.

Wayne Alberts, eienaar van die plaas, het aan Maroela Media gesê een van die aanvallers was met ʼn vuurwapen gewapen, terwyl een van die ander ʼn skerp voorwerp by hom gehad het. “Dit was omstreeks 01:00 toe hulle by die kwartiere ingekom het. Hulle het ʼn breekyster en boutsnyer by hulle gehad – hulle het duidelik gereed om in te breek gekom,” het Alberts gesê.

“Hulle het die werkers aangerand en verniel. Hulle het ook die vrou verkrag. Daarna het hulle al drie werkers vasgebind en hulle die plaas in gevat. Hulle het komberse oor hulle gegooi en vir hulle gesê hulle beter doodstil bly of hulle gaan hulle doodmaak. Toe hulle loop, het een van die aanvallers vir hulle gesê: ‘God bless you.’”

Volgens Alberts is die slagoffers se selfone, kos, klere en selfs skoene geroof.

Die werkers kon daarin slaag om hulle voete los te wikkel en het na Alberts se huis gegaan om hulp te kry. Hy het omstreeks 02:00 wakker geword toe hy hulle hulpkrete buite die huis hoor.

“Ons het dadelik die aanvallers se spoor gevolg, maar dit lyk asof hulle te voet uit die plaas gevlug en toe deur ʼn voertuig opgelaai is. Die polisie was blitsvinnig op die toneel en het gehelp om hulle na te spoor,” sê Alberts. “Ons het langs die aanloopbaan op die plaas ʼn plek gekry waar hulle duidelik gesit en ons dopgehou het. Daar was sigaretstompies en hulle het ook ʼn skroewedraaier daar agtergelaat.”

Alberts sê hy is dankbaar dat niemand ernstig seergekry het nie, maar baie ontsteld oor die trauma wat die slagoffers deur is. “Hulle werk al lank vir my. Die twee mans kom seker al 15 jaar saam met my en die vrou werk al die afgelope drie jaar hier. Sy is nog jonk, in haar 30’s, en het twee klein kinders. Wat gebeur het, is verskriklik.”

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Kapt. Rebecca Phathlane, woordvoerder van die polisie, het Woensdagoggend gesê sy wag steeds vir volledige terugvoer oor die voorval en sal later meer inligting kan bekendmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Liamari ·

Ek weet nie van watter god die aanvaller gepraat het wat die slagoffer sou bless nie…maar definitief nie die enigste ware God nie. Hierdie wreedheid en verkragting is net vanaf die bose.

Abe ·

Jankoos,
Die doodstraf sal nooit weer in SA toegepas word nie. Vergeet dit.

Marie ·

Wees versigtig waarvoor jy wens,dink net wat kan gebeur as iemand soos Julius oor jou lewe moet besluit.

Siek en sat ·

Nou moet hierdie arme vrou vir die res van haar lewe met dit wat met haar gebeur het saamleef. Dis tyd dat hierdie Regering rigting kry. Dit gaan net al hoe slegter en slegter en niemand se n woord nie.

dankbaar dat sy leef ·

Ten minste leef die vrou en is nie keel-af gesny nie.

Woedend ·

Mnr Alberts, niemand is ernstig beseer nie? Die jong vrou is VERKRAG!!! Haar menswees, haar reg as mens, emosioneel en fisies is sy beseer en dis ernstig genoeg!!!!!

Wayne ·

Geagte Woedend . Het u al gesien hoe lyk van die persone wat slagoffers van so n aanval was ? Lees die berig noukeurig . Daar is niemand meer ontsteld oor die voorval as ek nie . Weet u hoe magteloos ek voel omdat ek nie my werkers kon beskerm nie ? Dit is immers my plig om dit te doen . Buiten die feit dat hulle soos deel van die famile is .

Olie op jou vuur. ·

Woedend kom oor jouself en lees Wayne se woorde in perspektief. Gaan raak woedend oor ander goed, ek verstaan 100% wat hy bedoel het.

Hanna Hoekom ·

Ek neem aan die slagoffers was nie-blank gewees. Sal Cele dalk nou teen plaasaanvalle optree? Ek hoop so, want niemand verdien dit nie.

Snowball ·

Slagoffers van die Nuwe, Wettelose Suid Afrika. Trots van die ANC, waar kriminele seëvier vanweë ‘n lamsakkige regering wat vere voel vir menselewens, solank hulle breëbors kan rondstap tussen hordes veiligheidswagte.

Koningskind ·

O Here Jesus , genees asb die mense wie oral aangeval word, help ons, laat U Koninkryk van lig en liefde asb kom. Haal die harte van klip uit almal se harte, laat ons mekaar deur U oë sien. Vergewe ons ons sondes en help ons om mekaar te vergewe. Kom gou soos U beloof het. Ons Vader wat in die Hemel is, laat U naam geheilig word, laat U Koninkryk kom, laat U wil geskied, soos in die Hemel net so op die aarde, gee ons asb ons daaglikse brood en U Woord, lei ons nie in die versoeking maar verlos ons van die bose, want aan U behoort die Koninkryk en die krag en die heerkikheid tot in ewigheid.
Seën ons vyande dat hul liefde (U is Liefde) sal leer ken, help ons om soos U eerste lief te hê.
O Leeu van Juda, muur van vuur, regverdige Regter, Koning van die konings, Here van die leërskare, Goeie Herder ons vertrou op U dat U planne vir ons goed is….al sou die vyeboom nie bot nie, nogtans sal ons jubel oor U ons Redder van ons siel en Gees, U weet van fisies seergemaak word, U weet van verlate voel, U ken ons pyn, o Immanuel God, wees met ons, o Heilige Gees vul ons, laat U vrede wat alle verstand te bowe gaan oor ons die wag hou. Seën ons asseblief, in die Wonderlike Naam bo alle name Jesus Christus, die vlekkelose geslagte Lam

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.