Mans beroof, aan die brand gesteek

Twee eienaars van ʼn snoepwinkel in Botshabelo in die Vrystaat is gister aan die brand gesteek deur ʼn groep mans wat hulle winkel beroof het.

Volgens die polisie het ʼn groep mans die winkel beroof, paraffien oor die twee eienaars geooi en hulle aan die brand gesteek. Die twee buitelandse burgers is na die Pelonomi-hospitaal geneem maar hulle toestand is nie bekend nie. Volgens konst. Thabo Litabe het
die twee mans in die winkel geslaap toe die groep mans deur die dak toegang tot die winkel gekry het. Hulle het met ʼn onbekende aantal geld en kruideniersware gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.