Mans beroof lykshuis

Argieffoto

Vyf mense van Thabong in die Vrystaat is Vrydag in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval waartydens ʼn lykshuis in dié provinsie beroof is.

Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, sê die groep is in hegtenis geneem te danke aan ʼn wenk wat aan die polisie gestuur is.

Mokhuoane sê ʼn 37-jarige man is kort ná die ondersoek van stapel gestuur is in hegtenis geneem in verband met die besit van gesteelde goedere. Die ondersoek is voortgesit, waarna ʼn 47-jarige man ook vasgetrek is met gesteelde goedere in sy besit.

“ʼn Ondersoek deur die Welkom-polisie het vasgestel dat twee van die verdagtes reeds van die gesteelde goedere verkoop het. Twee mans, onderskeidelik 44 en 47 jaar oud, en ʼn 52-jarige vrou is toe in hegtenis geneem nadat hulle die gesteelde goedere gekoop en in hul besit gehad het,” sê hy.

Volgens die polisie is al die gesteelde goedere deur die eienaar van die lykshuis uitgeken. Die vyf verdagtes sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.

“Ons is trots op die Welkom-polisie dat hulle die verdagtes so vinnig vasgetrek het,” het lt.genl. Lebeoana Tsumane, die provinsiale polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, gesê. “Ons loof hulle vir hul goeie werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eish ·

Dis n Vrystaat ding.
Hou die eienaar aan en dra die houtpakke (Kiste) weg. Dié, verkoop soos soetkoek.
Ek sukkel nog net om uit te pluis hoe op aarde die oogetuies die wenk by die polisie gekry het, vanweë hul statiese toestand.

Water ·

Hahaha skerp Eish.
Gooi net water by dan kom daai pluis maklik.

Eish ja... ·

Lekker lag ek nou vir Eish. Die polisie het seker ‘n “seance” gehou aangesien ons land mos regeer word deur “boodskappe vanaf die dooies”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.