Mans brand los op polisie tydens huisroof

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die Oos-Kaapse polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na drie verdagtes wat Dinsdag in die vroeë oggendure inwoners van Uitenhage beroof het.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 02:50 by ʼn huis in Mimosaweg plaasgevind.

“Die inwoners van ʼn woonstel op dieselfde erf het wakker geword van die gille van inwoners in die hoofhuis en dadelik die polisie ontbied,” het Swart gesê.

Die polisie het dadelik gereageer en toe hulle die erf betree het die verdagtes op die beamptes losgebrand.

“Die beamptes het teruggeskiet, waarna die verdagtes te voet in verskillende rigtings gevlug het.”

Die verdagtes het in ʼn nabygeleë veld in gevlug om sodoende die polisie ontduik.

Volgens die polisie se inligting het die drie verdagtes toegang tot die huis deur ʼn oop venster gekry, waarna die huisbewoners met ʼn vuurwapen en messe gedreig en aangehou is.

“Die verdagtes het aangedring op geld en het ʼn platskermtelevisiestel, juweliersware en elektriese ware gebuit. Die televisiestel is later in die veld oorkant die huis gekry.”

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Die Uitenhage-polisie ondersoek die voorval en het ʼn beroep op die publiek gedoen om alle deure te sluit en vensters, veral dié wat nie diefwering het nie, toe te maak. Die polisie het ook ʼn beroep op inwoners gedoen om alarms te installeer en dit in die nag te aktiveer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cindy ·

Ek verstaan net nie hoe kan krimenele weg kom van die polisie af nie met n platskerm tv. nie, en dit na hulle al reeds op mekaar geskiet het.

Pieter h ·

Kan dit waar wees dat dit klink of daar geen vorm van sekuritet nie eens diefwering was nie?

anton ·

Baie maklik Cindy………….dit is S. A se polieste!!!
Nie n 1ste wêreld se Polisie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.