Mans deur bye aangeval

Argieffoto (Foto: PollyDot, Pixabay)

Argieffoto (Foto: PollyDot, Pixabay)

Twee mans is Vrydagmiddag in die hospitaal opgeneem nadat hulle deur bye aangeval is by ʼn eiendom in Glen Marais, Kempton Park.

“Die twee mans, een in sy 50’s en die ander ongeveer 70 jaar oud, is verskeie kere deur die bye gesteek,” het Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, gesê. “Die twee mans is op die toneel ondersoek en is na plaaslike hospitale geneem vir verdere behandeling.”

ʼn Werker was na bewering besig om gras te sny toe ʼn byekorf versteur is. Verdere besonderhede is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Buitestander ·

Bye begin om te steek sodra byekorf verstuur word nie as dit verhinder word nie.

realis ·

‘n Swerm bye het sowat 3 maande gelede hul intrek in my tuin ingeneem in Garsfontein en is tans besig om te broei. Die nes is sowat 4 meter van my werks area af waar ek staal en houtwerk doen.
Tot op hede het nie ‘n enkele by beswaar gemaak oor my werksaamhede op hul voorstoep nie.
Solank mens hulle nie versteur nie sal hulle jou nie pla nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.