Mans gesoek wat tiener glo saam verkrag

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

Polisie in Klerksdorp is op soek na twee mans wat glo verlede week saam met ʼn minibustaxibestuurder ʼn tienermeisie om die beurt verkrag het.

Amanda Funani, woordvoerder van die polisie in Noordwes, sê die 15-jarige tiener was verlede Woensdag op pad huis toe nadat sy by ʼn vriend gekuier het. Sy het na bewering in ʼn minibustaxi geklim, waarna die bestuurder na ʼn huis gery en twee mans met klapmusse opgelaai het.

“Die bestuurder het glo ʼn ander rigting ingeslaan en die meisie het hom daaroor gevra. Een van die mans het toe gedreig om haar met ʼn mes te steek indien sy nie stilbly nie.”

Die meisie is na ʼn huis in Jouberton geneem, waar die drie mans haar om die beurt verkrag het.

Die tiener is ná die voorval by ʼn nabygeleë spoorlyn afgelaai en het daarin geslaag om by haar huis te kom. Sy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir ʼn mediese ondersoek.

“ʼn Saak van ontvoering, roof en drie aanklagte van verkragting word deur polisie ondersoek,” het Funani gesê.

Die tiener het die volgende dag haar oom en die polisie na die huis geneem waar die voorval plaasgevind het. Beamptes het daarin geslaag om die 33-jarige taxibestuurder te identifiseer en in hegtenis te neem. Hy het reeds Vrydag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

“Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om sers. Kenneth Ntshekane by 078 407 6351 te skakel met enige inligting wat tot die inhegtenisneming van die ander twee verdagtes kan lei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peetjie ·

Deksels man .. En ek het gedink ek het nou respek vir die taxi bestuurders gekry – en nou bars dìé bubble….
Sluit die vreksels toe en gooi die sleutel weg…

Harley Davidson ·

Noem hulle by die naam sodat almal weet wie hierdie tipe onheilige misdadigers is.

Pieter ·

Die anc land is siek vir by hulle weet hulle gaan niks oor kom nie.

Brett ·

Ons regs stelsel se straf is on doeltreffend. Sal dit nooit stop voor erge swaar straf vir misdadigers in gestel word nie. Lewenslank is net ‘n paar jaar en dans hulle weer los. Moord / verkragting /poging tot moord moet gehang word
Diefstal / aanranding/kaping se hande moet afgekap word een op ‘n slag
Ontrouheid aan jou man of vrou moet gestenig word.
Na die eerste 3 of so wat gehang word of hande wat waai sal ‘n drasties draai bring. SA Is die gevaarlikste land in die wêreld agv misdrywe.
En nee misdadigers het hulle mense regte op gegee toe hulle aan gejaag het.
Ab kyk na die UAE se misdaad toe doen jouself ‘n guns. Misdadigers het meer regte as eerlike mense.
Nou hoor ek hoe sommige sê ag nou wat moet o s doen hoe gaan ons dit reg kry…….. Staan saam

isabelle ·

daai arme kind Hoe kan n mens uit so n aaklige gebeurtenis uit jou kop kry
BAIE VERLIG DAT SY KON STERK WEES EN VERTEL WAT GEBEUR EN DIE SKULDIGES KAN UITWYS
hoop hulle kry wat hul toekom!!!! maar is mos Suid-afrika lyk deesdae die diewe het meer reg as die slagoffers :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.