Mans gevonnis oor Matie-student se moord

V.l.n.r. Vernon Witbooi, Geraldo Parsons en Eben van Niekerk (Foto: Noor Slamdien/ANA)

Die drie mans wat die student Hannah Cornelius verlede jaar in Stellenbosch ontvoer, verkrag en vermoor en haar vriend Cheslin Marsh ernstig beseer het, is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis.

Vernon Witbooi, Geraldo Parsons en Eben van Niekerk is verlede week skuldig bevind op aanklag van roof, ontvoering, verkragting en moord. Hulle is elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

ʼn Vierde man, Nashville Julius, is skuldig bevind op aanklag van roof en ontvoering. Hy is tot 22 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het van die toneel gevlug ná die groep mans Cornelius en Marsh aangeval en beroof het.

Witbooi en Parsons is elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklag van die verkragting en moord op Cornelius; 25 jaar elk op aanklag van poging tot moord op Marsh; 15 jaar op vier aanklagte van roof (wat afsonderlike slagoffers insluit wat op dieselfde dag deur die mans beroof is); 10 jaar op aanklag van die ontvoering van Marsh, Cornelius en Mimi October. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Van Niekerk is tot lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklag van die verkragting en moord op Cornelius; 20 jaar tronkstraf op aanklag van poging tot moord op Marsh; 20 jaar vir vier aanklagte van roof; 10 jaar op aanklag van die ontvoering van Cornelius en Marsh en agt jaar op aanklag van die ontvoering van October. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Julius is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op twee aanklagte van roof en sewe jaar op twee aanklagte van ontvoering.

Lede van die publiek het gejuig toe regter Rosheni Allie haar uitspraak gelewer het.

Marsh het die uitspraak verwelkom. Hy is dankbaar dat geregtigheid geskied het. “Ek voel verlig, ek voel goed, ek kan nie beskryf hoe ek voel nie. Ek voel die Here het sy deel gedoen. Geregtigheid het geskied. Ek voel verlig, want dit voel of ek ʼn berg uitgeklim het. Ek wil almal bedank wat gehelp het om die ouens aan te keer en seker te maak dat hulle suksesvol vervolg is.”

Maroela Media het vroeër berig Marsh en Cornelius is die aand van 26 Mei 2017 aangeval toe hulle buite Marsh se woonstel in die parkeerterrein in die motor sit en gesels het. Die mans het hulle met ʼn mes en ʼn skroewedraaier gedreig en met hulle in die motor rondgery voor hulle beroof is. Marsh is met bakstene aangerand en vir dood agtergelaat. Hy het wonderbaarlik die aanval oorleef, maar het ernstige kopbeserings opgedoen en is doof in sy een oor ná die aanval.

Die beskuldigdes het daarna met Cornelius weggery en haar in ʼn verlate plek om die beurt verkrag. Hulle het daarna met haar na ʼn wynplaas gery waar hulle haar in die nek gesteek en sy gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Muffin ·

Waar is die doodsstraf. Nou moet ons belastingbetalers vir hulle sorg.

Nelia van Zyl ·

Miskien sal die selfvoldane uitdrukkings nou van hierdie skurke se gesigte verdwyn en net dalk sal dit ander laat dink oor die gevolge van sulke veragtelike optrede.

apie ·

Die misdaad in ons land is afskuwelik, Sterkte aan die families -die wereld neem kennis, met groot medelye en hartseer. . Die eerste reel in ons huis is om liewer tuis te kuier as om uit te gaan as jy nie bewus is van enige moontlike gevare nie. Ook die mense met wie jy sosialiseer baie vernuftig kies. Alkohol maak jou weerloos. Die kans dat jy aangeval sal word binne stapafstand van armer gebiede is ook baie groot, veral in die nag. Baie jong mense is skynbaar ook onbewus van die soorte dwelmmiddels wat mense gereeld gebruik – in die Kaap veral, en ook die effek van die harde dwelms op die kort en lang duur. Iemand met growwe tatoeermerke is ook genoeg om van te vlug, Mens sien hierdie mense soms…en wonder. Besef net jou intuisie is gewoonlik reg. Maak dat jy wegkom so gou as wat jy kan

**anoniem** ·

Ek praat onder korreksie, maar sover ek weet moet minstens ‘n derde van die vonnis eers uitgedien word voordat hulle in aanmerking kan kom vir parool.

Johanna Botha ·

Doodstraf terug ASB ! Dis hoekom niks gebeur in Botswana want hulle het die doodstraf.

Amber ·

Môre loop hulle weer almal op straat. Reg vir die volgende misdaad.

Brutus ·

Dis Anargie – moord en roof bendes slaan elke dag toe en onskuldige mense word vermoor en geroof ,elke dag nuwe voorvalle dit hou net nie op nie.

Beulah ·

My hart sink vir daardie ma. My dogters is hart se punt. My lewe. Wonderlike geskenke van God. God sal die laaste sê hê. Net moeilik om dit te verwerk.

Norman ·

Beulah, daardie ma het ‘n jaar na Hannah se dood by Scarborough in die see ingestap en verdrink.

Big Joe ·

Geen straf sal ooit regverdig wees vir die afskuwelike daad wat die klomp vuilgoed aangevang het nie! Ek kan my self nie indink die vrees wat die arme meisie moes deurmaak in haar laaste oomblikke nie. Shame man!!!!! Ons dink aan jou meisiekind, nou hoef jy nooit weer te vrees nie.

Chantal ·

Ek stem saam jou. Geen straf regverdig die pyn en leiding wat hul moes deurmaak nie. Dis afskuwelik.

apie ·

Izak, ek stem saam, Daar is te veel om op te noem. Alles het verswak, behalwe misdaad. Dit is al wat gedy, Dit en die stelselmatige vernietiging van alles wat waarde dra. Dit is maar n klein troos dat die wereld nou begin kennis neem, Die’reenboognasie’ word mos op elke linkse universiteit ter wereld gepromoveer en voorgehou as die poster boys vir die ‘sukses van globalisme en samewerking’. Mens wil skoon lag so bisar is dit

Niklaas ·

Hoe lank is lewenslank in SA , 25 jaar ? Na taamlike goeie tronk gedrag of president gee amnestie , uit op vroee parool. Na 6 of 10 jaar en hul doen dit weer. Lyk nie asof die manne enige berou het nie

Leon Potgieter ·

Net so terloops,
Die 1sent en 2 sent het as betaalmiddel verval in Suid Afrika, MAAR nie die 5sent nie.
ek wonder soms of iemand al opgelet het wanneer mens by ‘n vulstasie
vra vi R300.00 se brandstof die 5sent wat ekstra op die pomp meter verskyn.
Dit gaan van jou bank rekening af maar niemand kon nog vir my 5sent se petrol gee nie. my berekeninge op 1000 kleinte op die N1 hoofweg met 5sent Ekstra R500.00
Ek vra maar net…….

Se maar net ·

“Ek voel die Here het sy deel gedoen” se hy. En as Hy nie het nie wat dan? Gaan eerder op jou kniee en dank Hom vir alles wat jy het en is. Hy doen daagliks meer as sy deel in ons almal se lewens.

Dina ·

Misdadigers moet weer gaan klippe kap en bloedsweet sodat hulle elke dag hul dade sal berou. Dit help nie hulle sit in tronke waar hulle broei oor verdere onreg en sonde om te gaan pleeg nie. Vat weg hul menswaardigheid want hulle het hul slagoffers van menswaardigheid geroof.

Johann van Cullinan ·

Hoor hoor. Tronkstraf is nie genoeg nie. Oog vir ‘n oog en tand vir ‘n tand.
Dit lyk of die gemors met smiles sit in die beskuldigde bank, asof hulle trots is op hulle veragtelike en afskuwelike dade.
Ek stem. As die doodstraf nooit weer gaan rialiseer nie, laat hulle met kettings aan die voete en wagte wat hulle dophou klippe kap en werk vir hulle verblyf in die tronke.

Ryan ·

As ouer dink ek nie ek sal ooit tevrede kan wees met enige straf nie. Iemand se kind is weggeneem, niks sal haar ooit terugbring nie.

Andre Kaap ·

Lewenslank moet verander word na 50 jaar toe. 25 jaar is nie genoeg nie.

Piet parys ·

I stadige Openbare teregstelling is wat hulle moet kry sodat die misdadigers die prentjie kan kry . Oog vir oog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.