Mans gevonnis oor meisies se verkragting

Argieffoto

Nneke Jim Ledwaba, polisiekommissaris in Limpopo, het die swaar vonnisse verwelkom in die sake van twee mans wat verskeie minderjarige meisies verkrag het.

Bafana Macdonald Mputla (27) is in die Mogalakwena-streekhof buite Mokopane (Potgietersrus) skuldig bevind en vier lewenslange vonnisse opgelê vir die verkragting van drie meisies, tussen 11 en 16 jaar oud, en ʼn 18-jarige tiener, het die polisie in ʼn verklaring gesê.

“[Mputla] het sedert 2016 jong meisies geteister en hulle in die bosse tussen Extension 19 en Sekgakgapeng gesleep en hulle herhaaldelik verkrag.”

Sy misdade het in 2018 tot ʼn einde gekom ná die verkragting van ʼn 11-jarige meisie. Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het hom opgespoor en in hegtenis geneem.

ʼn 50-jarige man is Vrydag in die Lephalale-streekhof (Ellisras) lewenslange tronkstraf opgelê toe hy skuldig bevind is dat hy sy 15-jarige stiefdogter by hul huis in Abbotspoort verkrag het.

Hy het haar in 2016 herhaaldelik oor ʼn periode van sewe maande verkrag wanneer die ander lede van die gesin nie by die huis was nie. “Sy het haar skoolhoof in kennis gestel en die saak is dadelik by die polisie aangemeld. Die departement van maatskaplike ontwikkeling het ook ingegryp.”

“Speurders van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings word geloof vir hul uitstekende werk om dié gewetenlose misdadigers uit die samelewing te verwyder,” het Ledwaba bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

NetM ·

Ek hou van die vonnisse. Ek hoop lewenslank beteken lewenslank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.