Mans gevonnis wat SAUK-span voor kamera beroof

Vuyo Mvoko word beroof terwyl die kameras rol (10 Maart 2015) (Skermskoot uit die video)

Vuyo Mvoko word beroof terwyl die kameras rol (10 Maart 2015) (Skermskoot uit die video)

Twee mans wat SAUK-joernaliste in Maart verlede jaar beroof het terwyl hulle besig was met verfilming, is Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof gevonnis.

Die Zimbabwiërs, Alfred Ndlovu en Clement Ncube, is tot 15 jaar tronkstraf elk gevonnis nadat hulle twee maande gelede skuld erken het op aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Die verslaggewers Vuyo Mvoko en Chriselda Lewis het op 10 Maart gereedgemaak vir ʼn regstreekse uitsending om te berig oor die Zambiese president Edgar Lungu se aankoms by die Milpark-hospitaal in Johannesburg, toe Ndlovu en Ncube hulle met ʼn speelgoedgeweer gedreig en beroof het. Die kameras het reeds gerol.

Phindi Louw, Gautengse woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het Dinsdag bevestig Ndlovu en Ncube is tot 15 jaar tronkstraf elk gevonnis. “Hulle begin dadelik met hul vonnisse. Daar was oorweldigende bewyse teen die twee mans en daarom het hulle skuld erken,” het sy gesê.

Louw het bygevoeg die twee mans het nie aangedui of hulle beplan om appèl aan te teken teen hul vonnisse nie.

Die mans het die SAUK-span se waardevolle besittings, waaronder skootrekenaars en selfone, gesteel voor hulle gevlug het.

Twee ander beskuldigdes, Pascal Manuel Junior en Motin Mortin, het in Maart skuld ontken. Louw het gesê sy kon nie dadelik die status van die ander twee beskuldigdes bevestig nie, aangesien hulle nie Dinsdag in die hof was nie.

Lewis het op sosiale media gesê sy is verheug oor die vonnis en verduidelik die voorval was baie traumaties. “Danksy die SAPD wat onverpoosd gewerk het, is dié boewe nou agter tralies. 15 jaar in die tronk. Doen dit ook vir ander slagoffers. Ek voel amper jammer vir hulle, maar dan dink ek hoe ek amper by die brug afgespring het om te vlug,” het sy op Twitter geskryf.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK-rooftog op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lance ·

Enkele geval waar die mense vasgetrek is ….gaan seker nog appeleer en dan nog ontsnap …soos al so baie kere gebeur het …gaap

Kellies ·

Hulle het dit met opset voor die kameras gedoen. Nou het hulle lekker verniet akkomodasie en kos vir 15 Jaar op ons belasting geld. N lekker idee teenoor niks in Zimbabwe. Hmmm.

Nico K ·

JA nee dit is nou dom. Om iemand te beroof voor ‘n kamera.

bultfontein ·

Lyk nie vir my soos zim mense nie maklik om die skuld op hulle te pak,zim mense is donkerder van gelaat

Mari ·

15 jaar vir roof met ‘n speelgoedgeweer maar baie ligter vonisse met opgeskort vir moord? Klink soos ‘n voorbeeld saak – moontlik oor die publisiteit?

Theresa B ·

Lyk vir my hulle het dit moedswillig gedoen (voor die kameras). Nou hoef hulle nie te werk nie en sit in die tronk en kry alles gratis………………………..

charlene ·

So bly hulle het erken hulle is skuldig…….. maar wat nou as hulle gesê het nee ons is onskuldigm sou die hof hulle skuld probeer bewys het??? Wonder net hoekom dit so lank gevat het, ek meen dit was op live televion vir almal om te sien!!!

pieter ·

MY PEETKIND IS BLATANT VERMOOR, NOG MENSE IS GEWOND,VUURWAPENS IN SY DAK GEVIND SY KINDERS IS AANGERAND.12JAAR,SY WAS WIT EN HET NIE VIR DIE SABC GEWERK NIE.HOE SPYT IS EK NOU.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.