Mans in bakkie skiet glo polisieman dood

(Argieffoto)

Genl. Khehla John Sitole, die nasionale polisiekommissaris, het ’n 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel ná ʼn polisieman by Ndwedwe, in die noorde van Durban, koelbloedig doodgeskiet is.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, sê lt.kol. Jabulani Ndawonde (56), die waarnemende stasiebevelvoerder van die Ndwedwe-polisie, het Maandag omstreeks 18:30 huis toe gery.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat Ndawonde digby die Bhamshela-taxi-staanplek deur mans in ʼn verbygaande bakkie geskiet is,” bevestig Naidoo.

“Ndawonde het op die toneel aan sy beserings beswyk.”

Die polisie doen ʼn beroep op mense met inligting oor die voorval om dit by hul naaste polisiestasie aan te meld of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tanniepetoors ·

Wonder of hy al geleer het om sy rangtekens te verwyder voor hy in sy privaatvoertuig huistoe ry. Net jou rangtekens maak van jou ‘n teiken.

twaalfboor ·

Hy is die stasie bevelvoerder. Hy ry met ń amptelike gemerkte voertuig. Onkunde in ń lelike ding. Duh….

Linx ·

Dankie twaalfboor,ds soos j sé onkunde en antwoord gee is n lelike kombinasie,hoor.

SomeOne ·

dis nou nie meer net boere nie maar polisielede ook wat afgemaai word

Nico ·

Sterkte vir die familie. Nou Cele en verbied selfverdediging, en jy sit met lyfwagte, verander jou standpunt.

Pieter ·

Daar is mos nie geweld in ons samelewing nie , onthou jy . Ontwapen almal insluitend die polisie, want julle se mos dis nie nodig om n wapen vir selfverdediging te dra nie

Ian ·

Die mense het nou so blatant geraak hulle val noual die polisie aan. Mafia staat en ons mag nie n handwapen kry om ons self te verdedig nie. Jou moet jou hoed afhaal Cele en skool toe gaan sodat jy kan sien watse nonsens jy kwyr raak en swak beslissings jy maak.

Genis ·

Daar is absoluut geen respek vir lewe in die land nie… Die SAPD of SANW kannie die publiek beveilig nie… Die ongelesensieerde vuurwapens in die land is n probleem, nie die gelensieerdes nie… So ook het die polisie al meer as 2500 wapens verloor, en die SANW… O ja nie te noem van die saga waar die SAPD die ingehandige vuurwapens uitgehuur het vir kriminele dade nie… Kom CELE en Bothma wat is julle plan regtig?

Prit ·

Moet nie bekommer nie, gee julle wapens in, die polisie en Gun Free South Africa (GFSA) sal ons beskerm.

ES ·

Prit, ek stem – as hulle die vuurwapen wet wysig, gaan ek by die voorsitter van GFSA intrek sodat sy my veilig kan hou. Sy is mos vreeslik slim.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.