Genl. Khehla John Sitole, die nasionale polisiekommissaris, het ’n 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel ná ʼn polisieman by Ndwedwe, in die noorde van Durban, koelbloedig doodgeskiet is.
Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, sê lt.kol. Jabulani Ndawonde (56), die waarnemende stasiebevelvoerder van die Ndwedwe-polisie, het Maandag omstreeks 18:30 huis toe gery.
“Voorlopige ondersoek dui daarop dat Ndawonde digby die Bhamshela-taxi-staanplek deur mans in ʼn verbygaande bakkie geskiet is,” bevestig Naidoo.
“Ndawonde het op die toneel aan sy beserings beswyk.”
Die polisie doen ʼn beroep op mense met inligting oor die voorval om dit by hul naaste polisiestasie aan te meld of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Wonder of hy al geleer het om sy rangtekens te verwyder voor hy in sy privaatvoertuig huistoe ry. Net jou rangtekens maak van jou ‘n teiken.
dis nou nie meer net boere nie maar polisielede ook wat afgemaai word
Sterkte aan sy familie.
Sterkte vir die familie. Nou Cele en verbied selfverdediging, en jy sit met lyfwagte, verander jou standpunt.
Daar is mos nie geweld in ons samelewing nie , onthou jy . Ontwapen almal insluitend die polisie, want julle se mos dis nie nodig om n wapen vir selfverdediging te dra nie