Mans in besit van R1,5 miljoen se ongeslypte diamante betrap

Die diamante in die verdagtes se besit gevind. (Foto: Verskaf)

Twee mans is Vrydag vir die besit van ongeslypte diamante ter waarde van R1,5 miljoen in Bellville in Kaapstad in hegtenis geneem, het die Wes-Kaapse polisie Saterdag gesê.

Volgens lt. kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, was die plaaslike polisie besig om motoriste in Voortrekkerweg voor te keer en te deursoek toe twee mans, onderskeidelik 46 en 53, hul aandag trek.

“Die mans is ondervra en hulle het senuweeagtig voorgekom. Dit het daartoe gelei dat hulle deursoek is waarna twee klein sakkies met 27 diamante [by hulle] gevind is,” het Traut verduidelik.

Die mans is op die plek in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Bellville-landdroshof verskyn. Die mans kom vermoedelik van Namibië af. Die polisie stel ondersoek in om te bepaal vanwaar die diamante afkomstig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wielspore ·

Met so ‘n blink een kan jy daarem ‘n mooi ring vir jou vrou laat maak.

Andreas ·

Hoekom wil jy dit weg gee? Jy kan dit mos in jou testament aan haar bemaak.

J ·

Hoe is dit moontlik dat blink klippies nog steeds deur baie baie streng sekeriteit kan ontglip. Inside jop.

Stephen Namibia ·

J. Van watse sekuriteit praat jy? Diamante word gesmokkel uit Angola en DRK en elders.

Daar is ook geweldig baie vals diamante in omloop in Namibia.

Mads ·

Wel gedaan aan polisie.
As die polisie met sulke klopjagte TOEVALLIG op sulke dinge afkom wonder mens wie en wat NOG op ons paaie rondry.
Doen meer sulke padblokkades is my voorstel.

Peter holmes ·

Ag hulle try ook maar net n ou ekstra geldtjie maak. Tye is taai

Attie. ·

In SA jy moet jy liewer die staat kaap as wat jy diamante smokkel. Dink mooi wie word nou eintlik benadeel, die regering verloor bietjie belasting en Anglo American verloor baie want diamante se prys sak en hulle wil graag die monopolie besit. Neewat, ek sal ook smokkel as ek net die klippies in die hande kan kry. En ek glo die moeilike deel is om kopers te kry. Maw dit is ‘n eerbare beroep want niks val in jou skoot nie. Het ‘n onwettige diamandtransaksie al enige van ons benadeel?…ek glo nie.

WIEBO ·

Ek kan nie verstaan hoekom dit onwettig is om diamante in jou besit te he nie. Werk in jou tuin in Cullinan en ek kry die diamante, moet ek dit dan net weer teruggooi in die blombedding?? Malligheid.

SjN ·

Wiebo, volg die regte kanale en jy is geregtig om n deel van die waarde, of doen aansoek om permit, hul sal sommer bee partner verskaf, le sakeplan voor i/s rehabilitasie en veiligheid, verskaf duisende rande waarborg, wag vir n ewigheid vir lisensie en probeer dan delf. Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.