Mans in hof ná moord op Carolina-paar

Tientalle mense het Maandag buite die landdroshof in Carolina bymekaargekom. (Foto: Verskaf)

Die groep mans wat van die onlangse moord op ’n paartjie van Carolina in Mpumalanga aangekla word, bly agter tralies.

Leonore Steenkamp en Renier Lense se vermeende moordenaars het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn waar hulle volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hul borgtog laat vaar het.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die NVG in Mpumalanga, sê vier mans het in die beskuldigdebank verskyn. Hulle is geïdentifiseer as Njabulo Glen Shongwe (20), Siboniso Perseverance Nkosi (23), Sandile Shepard Nkambule (19) en Promise Nxumalo (23).

Daar is egter teenstrydighede in verslae rakende die aantal verdagtes wat teregstaan op die moord en sommige bronne beweer dat vyf mans in die landdroshof verskyn het.

Nyuswa hou vol Shongwe, Nkosi, Nkambule en Nxumalo is die enigste wat in dié stadium van  twee aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede aangekla word.

Die mans is die een ná die ander in hegtenis geneem nadat Leonore en Renier verlede maand in hul huis in Voortrekkerstraat vermoor is.

Tientalle mense het Maandag buite die landdroshof in Carolina bymekaargekom. (Foto: Verskaf)

Tientalle betogers het Maandag buite die landdroshof in dié einste straat byeengekom uit verset teen die gewelddadige moord.

Maroela Media het vroeër berig die bure het die polisie op 22 Februarie na die huis ontbied nadat hulle die paartjie lanklaas gesien en onraad vermoed het.

Polisiebeamptes het aan die deur geklop, maar daar was geen antwoord nie en hulle is die huis binne deur ʼn deur wat nie gesluit was nie. Daar het hulle op die paartjie se liggame afgekom.

Die paartjie se Toyota Corolla is later verlate naby die huis opgespoor. Die polisie het ook beslag gelê op ʼn vuurwapen wat vermoedelik by die paartjie gesteel is.

Nyuswa sê die vier verdagtes sal nou weer op 16 Mei in die hof verskyn. Die saak is tot dán uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lillian

Wat help dit om hul in die hof te laat verskyn? Die daad is reeds gedoen en bring nie verligting vir die naasbestaandes nie. Hulle moet net eenvoudig in die publiek tereggestel word, finish en klaar!

Magda

BRING DI DOODSTRAF TERUG. nog so jonk maar koelbloedige MOORDENAAR. kyk sommer of hulle SA BURGERS NI.

Genis

Die name en ouderdom spreek boekdele…

Marius

Gee die gemors oor aan die publiek, dan sal julle geregtigheid sien.

Toy

Skuim van die aarde.