Mans in hof oor beweerde Uber-verkragting

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Uber-passasiers ontvoer, beroof en verkrag het, het Dinsdag in die Randburg-landdroshof verskyn.

Die beskuldigdes, waarvan een ʼn voormalige Uber-bestuurder is, word verbind met vier sake die afgelope paar maande waar passasiers glo verkrag en beroof is.

Staatsaanklaer Yusuf Baba het aan die hof gesê hy wag op die direktoraat vir openbare vervolging om ʼn besluit te neem of die saak na die streekshof of hooggeregshof verwys moet word.

Die saak is uitgestel tot 6 Februarie 2017.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

donovan ·

Uber se tariewe is laer as tariewe van ander taxi-besighede. Uber-drywers wat hulle die motors gebruik en dus eintlik eenman-besighede is, word nie erg hierdeur benadeel nie. Hulle werk maar net langer en harder. Daar is egter taxi-besighede wat by uber inskakel. Dit beteken die drywer en uber EN die taxi-bezigheid moet betaal word, terwyl uber se tariewe steeds dieselfde bly. So die gevolg is dat die drywers dan baie minder geld maak. Voeg by dat uber uit en uit op kredietkaarte werk, so daars bitter min kanse vir tips met kredietkaarte of kontant. Die gevolge is onvermijdelijk dat die drywers bitterlik gefrustreerd raak en dan goed doen soos hulle passasiers aanrand en beroof. Ek was in die taxi-bedryf. En weet waarvan en praat.

Colleen ·

Ag, jou kommentaar maak geen sin nie. Daar is geen verskoning om iemand te beroof of te verkrag nie, maar nou ja, verkragting, moord en roof is die nasionale sport van Suid Afrika.

Ashlee ·

Word mense dan nou verplig om drywers vir Uber te word? Nee, ek glo nie jy weet waarvan jy praat nie!! Uber verloop vlot in ander Lande. Hou dop, hulle gaan binnekort n halt bring in Suid Afrika.

Ruby ·

Hierdie krimineel het met voorbedagte rade by Uber aangesluit, dalk om Uber in ‘n slegte posisie te stel?

Vir my werk Uber uitstekend, altyd skoon en volg die pad reels!

Al verdwyn Uber sal ek nie gebruik maak van die taxis wat motoriste en hulle self se lewe in gevaar stel.

donovan ·

ek regverdig nie dat uber drywers hulle passasiers aanrand en besteel nie. Maar dis omdat taxi-besighede ook deel van die uber-stelsel word, dat uber-drywers sulke lelike goed doen uit frustrasie oor hulle swak inkomste. bestaande taxi-besighede behoort verbied te word om by uber in te skakel. uber moet bly wat dit oorspronklik was: privaat-mense met hulle eie motors wat uber drywers word. DIT is behoorlike werkskepping – nie om te werk vir n taxi-maatskappy wie se baas net incash en die drywers uitbuit nie.

Denise ·

Donavan jy maak nog steeds geen sin nie waar kan jy mense uit frustrasie aanrand en verkrag asgevolg van n swak inkomste ?????? Without prejudice!!!!!

Theresa ·

Donovan, ek verstaan wat jy probeer sê. Dat Uber sy geloofwaardigheid en veiligheid verloor omdat die taxi-bedryf aansluit. Hul MOET dit stop en soos in die begin onafhanklik funksioneer. Veilig, betyds, skoon, gehoorsaam aan padreëls. Iets waarop enige mens wat ordentlik en veilig op ‘n plek wou aankom, kon staatmaak. Nou ly Uber ook maar, want hul het verkeerde mense laat inkoop in hul doen en late. Duisende mense wil nie taxi ry nie, a g v misdaad, geen respek vir lewens of padreëls, bewyse van ongelooflike ongelukke, ensovoorts. Die aanrand/verkragting/besteel van enige passasier in enige publieke voertuig moet baie ernstig bejeën word en daardie skuldiges moet nooit weer toegelaat word om die publiek te bedien met vervoer nie. As mense meer wil verdien, volg ‘n ander beroep of doen iets anders. Daar is geen rede wat enige aanranding nog te meer verkragting kan regverdig nie. So, as ek Uber se CEO is, begin ek oor, soos dit was, sonder die res wat inskakel en als opmors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.