Mans in hof vir moord op soldaat

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Twee mans het in die hof verskyn nadat hulle glo vroeër vandeesmaand ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wreedaardig by haar huis vermoor het.

Thabo Mambane (21) en Ndumiso Mabila (31) het Maandag in die Nkomazi-landdroshof in Mpumalanga verskyn nadat hulle deur die polisie in Tonga vasgetrek is.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het dié twee Nondumiso Nicollin Mabila na bewering op 9 September menigmale met ʼn mes gesteek.

“Terwyl Mabila, in volle uniform, vroeg die oggend uit haar huis gekom het, het die twee verdagtes haar oorrompel, gesteek en vir dood gelos.”

Mabila het voor haar huis doodgebloei.

ʼn Familielid van Mabila het op haar lewelose liggaam afgekom nadat bure hom laat weet het dat iets nie pluis is nie.

ʼn Saak van moord is by die polisie aanhangig gemaak. Die beamptes se ondersoek het hulle na Mambane en Mabila gelei wat kort daarna in hegtenis geneem is.

Die twee verdagtes sal na verwagting op 27 September weer in die hof verskyn, wanneer hulle vir borgtog kan aansoek doen. Intussen sal hulle in polisieaanhouding bly.

Lt.genl. Semakaleng Manamela, die polisiekommissaris van Mpumalanga, het beloof om alles in haar vermoë te doen om die provinsie te beveilig.

“Die inhegtenisname van die beweerde moordenaars is ʼn stap in die regte rigting om dié droom te verwesenlik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Swerwer ·

Verskriklik!. Jy kan nie eens waag om meer werk toe te gaan nie? Regtig Hoed? Jy behoort nou
jou pos af te staan aan iemand wat bevoeg is om jou werk te doen en nie aan die ANC behoort nie.
Jy sien jy is nie bevoeg nie maar jy kater net voort en skitter in jou afwesigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.