Mans in motor doodgeskiet

Argieffoto

Die polisie in Port Elizabeth ondersoek ʼn dubbelmoordsaak nadat twee mans Donderdagaand in die noordelike gedeelte van die stad in ʼn motor doodgeskiet is.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans, Hillerion Jacobs (27) en Dane Oosthuizen (27), was twee bendelede met bande met die Upstanding Dogs-bende.

“Volgens die polisie se inligting was die twee oorledenes omstreeks 20:00 op pad huis toe nadat hulle ʼn partytjie by ʼn skool bygewoon het,” het Naidu gesê. Sy het gesê daar word beweer ʼn onbekende voertuig het die mans se voertuig agtervolg en by ʼn kruising in Gelvandale langs hulle stilgehou en op hulle motor losgebrand.

“Jacobs, die eienaar van die wit VW Polo, en Oosthuizen het veelvuldige skietwonde opgedoen,” het Naidu gesê.

Twee sake van moord word deur die provinsiale bende-ondersoekeenheid ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hannes ·

Bendelede – partytjie – skool????
Wat sê dit vir jou….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.