Twee mans is Maandagoggend in die vroeë oggendure op heterdaad betrap terwyl hulle binne ʼn kitsbank in Port Elizabeth in die Oos-Kaap doenig was.
“Die polisie het reageer nadat ʼn alarm om 03:51 by ʼn vulstasie in Salamntustraat afgegaan het,” het ao. Dumile Gwavu, ʼn polisiewoordvoerder, gesê. “Die polisie was nog besig om die toneel te beveilig toe hulle die twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 20 jaar oud, binne die kitsbank aangetref het.”
Volgens Gwavu is geen springstof gebruik nie en geen kontant is gesteel nie.
Die twee verskyn Dinsdag in die New Brighton-landdroshof op aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging. -SAPA
So jonk en klaar ‘n misdaadrekord.