Mans kry 12 lewensvonnisse, 768 jaar vir verkragting

Argieffoto

Twee mans is Dinsdag albei lewenslange tronkstraf en ʼn gesamentlike 768 jaar in die hooggeregshof in Pretoria opgelê vir die verkragting van verskeie vroue tussen 2013 en 2015.

Kapt. Matthews Nkoadi, woordvoerder van die polisie, sê Samuel Ngobeni (40) en Jeffrey Tsoku (42) het vroue in dié tydperk hoofsaaklik in die Tshwane-omgewing “geterroriseer”.

Volgens Nkoadi sou die twee mans vir hulle slagoffers ʼn saamrygeleentheid aanbied voor die mans hulle na ʼn afgeleë gebied geneem en hulle beroof en verkrag het.

“Al die slagoffers is geteiken naby die Kolonade-, Wonderpark en Hartebees-winkelsentrum, asook langs die Molefe Makinta-snelweg in Noordwes. Die verkragters het altyd dieselde modus operandi gehad,” sê hy.

Ngobeni is onderskeidelik ses lewenslange vonnisse en 288 jaar tronkstraf opgelê, en Tsoku ses lewenslange vonnisse en 480 jaar tronkstraf.

Genl.maj. Hilder Mohajane, bevelvoerder van die Tshwane-Noord-polisie, het die SAPD geprys vir hul harde werk en toewyding om die mans vas te trek.

Mohajane het gesê sy is tevrede met die vonnisoplegging, en glo dit sal voortaan ʼn waarskuwing vir ander wees wat dieselfde misdade wil pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cyril Blackburn ·

Dagsê Linda
Dankie vir jou valkoog! Die berig is gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

marous ·

Dieselfde vonnisse vir korrupsie en diefstal van staatsgeld sal ook goed wees.

Pieter ·

En een van die mooi dae kom hulle in aanmerking vir parool.

Domvraag ·

Eintlik word hulle net vir een verkragting gestraf want vonnisse word gelyktydig uitgedien en dan na ongeveer 8jaar kan parool oorweeg word. Of dit nou een verkragting of tien verkragtings is, vonnis wat uitgedien word bly dieselfde . Maak dit sin??

zumie ·

Voordat julle te beindruk is – dit beteken bloot 25jaar met die moontlikheid van parool na 20 jaar…

Mike Kaapstad ·

ag wat oor 5 jaar aanmerking vir parool , dan begin die siklus van voor af………..

Swannie ·

Ek het so `n paar ou randjies wat ek in trust wou sit vir die nageslag, Nou wonder ek of dit nie dalk veiliger sal wees as ek dit vir een van die ouens sal gee wat so `n paar honderd jaar gaan sit nie.

My probleem is net wat gaan gebeur indien hy doodgaan oor so 200 jaar ?

Ek bekommer my nou al dood daaroor…..haha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.