Mans kry borgtog ná Diepsloot-moord

Argieffoto (Foto: Guillem Sartorio, AFP)

Borgtog is Vrydag in die Randburg-landdroshof aan ’n groep van sewe mans toegestaan ná die dood van Elvis Nyathi (44) vroeg in April in Diepsloot, Gauteng.

Die groep het glo ʼn aandeel daarin gehad om Elvis Nyathi (44), ʼn Zimbabwiër, op 7 April aan te rand, aan die brand te steek en vir dood agter te laat.

Dié dade spruit uit protesoptrede deur inwoners wat hul misnoeë oor toenemende misdaad in hul woongebied te kenne wou gee.

Volgens Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is die mans borgtog van R3 000 elk toegestaan.

Cedrick Raseala (42), Baron Mashele(31), Godfrey Mahlo (31), Thomas Serebane (53), Phumudzo Tshirangwana (38), Thabo Makgatho (32) en Puleng Chipape (34) staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, ontvoering, vier aanklagtes van aanranding met die doel om ernstig te beseer, roof met verswarende omstandighede en afpersing.

Die staatsaanklaer, adv. Dinesh Nandkisoor, het die borgtogaansoeke teengestaan. Hy het gesê indien die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word, kan die beskuldigdes die veiligheid van die publiek in gevaar stel, sal hulle probeer om die verhoor te ontduik, sal hulle getuies beïnvloed of intimideer en sal hul vrylating die funksionering van die strafregstelsel in gevaar stel.

Die hof het egter beslis dat die beskuldigdes geskikte kandidate vir borgtog is, met inagneming van hul reg om onskuldig geag te word totdat hulle skuldig bewys is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Dit gaan my verstand te bowe dat aan moordenaars borg toegestaan word!

domheks

More doen hulle maar weer dieselfde! Gereg is ‘n grap in SA

Mariana

Hoe gebeur dit? Hoekom kry sulke gewetenlose kriminele borgtog. My magtig is ons regstelsel dan heeltemal in sy peetjie in? Dit is mos nie reg nie. Daai regter is nou aandadig sou hulle weer moor.