Mans kry lewenslank vir onnie se moord

Naadira Vanker het in April 2021 spoorloos verdwyn. (Foto: Facebook)

Twee mans is Vrydag in die hooggeregshof in Johannesburg tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Naadira Vanker, ʼn 31-jarige onderwyseres van Lenasia in Gauteng.

Vanker se liggaam is in April in ʼn vlak graf in die Phumlamqashi- informele nedersetting in Lenasia-Suid gevind. Sy was ʼn onderwyseres by Progress Primary in Lenasia.

Volgens Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is Lucky Mshubi (36) en Thabi Mambila (31) elkeen ook vyf jaar tronkstraf opgelê vir huisbraak met die opset om misdade van roof en ontvoering te pleeg. Hulle is ook onderskeidelik 17 en 15 jaar vir roof en vier jaar elk vir ontvoering opgelê.

Mshubi is tot ʼn verdere twee jaar gevonnis vir poging tot afpersing. Die beskuldigdes is albei tot ses jaar elk gevonnis vir regsverydeling.

Die vonnisse vir huisbraak en ontvoering sal gelyklopend uitgedien word.

Adv. Elize le Roux het aangevoer Vanker se vier minderjarige kinders sal nou sonder ʼn ma moet grootword. Sy het verder gesê die moord was sinneloos, en die gesin het onbeskryflike trauma ervaar.

Mshubi en Mambila het op 22 April in Vanker se woonstel ingebreek en haar in haar kamer oorrompel. Hulle het haar toe vasgebind en klere in haar mond gestop om te keer dat sy skree. Hulle het haar motorsleutels gevat en haar voertuig gebruik om haar na Mshubi se huis in Phumlamqashi, Lenasia-Suid, te neem. Daar het hulle haar in die agterplaas vermoor en begrawe.

Op die dag van Vanker se verdwyning het Mohammed Gerner haar probeer bel. Haar foon is deur ʼn onbekende persoon beantwoord, wat ʼn losprys geëis het.

ʼn Soekgeselskap het gelei tot Mshubi se inhegtenisneming op 28 April. Tydens ondervraging het hy die polisie na ʼn vlak graf geneem waar Vanker se oorskot ontdek is.

Mshubi was ʼn veiligheidswag by die woonstelle waar Vanker gewoon het en is ontslaan nadat die oorledene oor sy gedrag aan diens gekla het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Henri

Die misdaad is ‘n epidemie in Suid Afrika.

MM, julle foto se onderskrif pas nie by die storie se tydlyn nie.

Diline

Gepeupel van die aarde! Als moet mos met moord vergeld word, tipiese houding van sekeres in hierdie land. Tot die doodstraf nie terug gebring word nie, gaan dinge nog BAIE erger word.

Anel

Baie bly dat haar familie nou afsluiting kan kry. Sal graag wil sien dat ALLE moorde so vinnig afgehandel word, meer spesifiek plaasmoorde!!!

Androclus

Ek lees nou in ‘n ander koerant van ‘n man wat 3 vroue doodgemaak het ma’s van kinders en daardie moordenaar kry 25 jaar vir 3 moorde,hoe verklaar ‘n mens dit hier in piesangland.

Chris dupreez

Geen vonnise moet saam uitgedien word nie. Dit is elkeen n aparte misdaad en vonnis , so dit moet apart uitgedien word.