Mans met 19 renosterhorings betrap

Argieffoto.

Twee verdagtes is Woensdag vasgetrek nadat hulle glo 19 renosterhorings vervoer het met die doel om dit te verkoop.

Die Valke se ondersoekspan vir georganiseerde misdaad het in samewerking met privaatvervolgingseenhede die mans, onderskeidelik 48 en 53 jaar oud, in Nelspruit in hegtenis geneem.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, het beamptes beslag gelê op twee voertuie en al 19 horings wat ʼn geskatte waarde van R2,6 miljoen het.

“ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel of die verdagtes verbind word met ander misdade wat die Wet op Bedreigde spesies oortree.”

Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Nelspruit verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris dupreez ·

19 renosterhorings, dink aan die verlies van die diere. Hierdie persoon moet lewenslange tronkstraf kry

Pampoen ·

Ek dink dit maak ‘n verskil of hulle renoster boere is wat die horings voorkomend afgesny het en of hulle stropers was. Stropers moet sommer aan hulle voete opgehang word (by wyse van spreuk). Boere wat hulle diere verdoof en horings afsny is ‘n ander saak waaroor ek nog nie duidelikheid het nie. Die pampoen pitte maal nog bietjie hier bo.

Leana ·

As dit boere was sou hulle permitte gehad het om die horings in hul besit te gehad het of te vervoer. So vir my klink dit na stropers, want anders sou hulle nie inhegtenis geneem gewees het nie.

007 ·

19 horings is 10 keer meer werd op swartmark as R2,6 mil? Iets klink nie reg nie.

Karlahari ·

Smokkelaars in diere produkte moet n minimum vasgestelde tronkstraf uitdien met GEEN keuse of moontlikheid van n boete nie.

Kathleen ·

Ja nee wat , reguit tjoekie toe , wat nog verhoor word , guilty as hell !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.