Mans met miljoene rande se koper betrap

Die gesteelde koper ter waarde van R3 miljoen behoort aan Transnet en Prasa. (Foto: Verskaf)

Twee Kameroense mans is die afgelope naweek deur lede van die Johannesburgse metropolisie in hegtenis geneem nadat gesteelde koper ter waarde van R3 miljoen in hul besit gevind is.

Daar is later bevind dat die koper aan Transnet en die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) behoort.

Die mans se inhegtenisneming volg nadat metropolisiebeamptes inligting omtrent gesteelde koper op die hoek van 11de Weg en Derde Laan in Bramley in die noorde van Johannesburg gekry het.

“’n Onbekende man het die hek van die perseel oopgemaak, beamptes het hom genader, hulself as polisie geïdentifiseer en die perseel deursoek.

Twee Kameroense mans is in verband met die gesteelde koper in hegtenis geneem. (Foto: Verskaf)

“Die beamptes het nog ’n man op die perseel aangetref asook groot hoeveelhede koper wat in stukke opgesny was,” sê Xolani Fihla, metropolisiewoordvoerder.

Die mans kon by ondervraging glo geen verduideliking bied oor waar hulle die koper gekry het nie en is op die toneel in hegtenis geneem. Hulle het die metropolisiebeamptes glo ook met R10 000 probeer omkoop.

“Amptenare van City Power en Prasa is gekontak en daar is bevind dat die koper aan Transnet en Prasa behoort. Die diefstal het na raming R3 miljoen se skade aan infrastruktuur berokken.”

Die verdagtes is tans by die Bramley-polisiestasie in aanhouding. Hulle word aangekla van omkopery, die besit van gesteelde koper en die beskadiging van infrastruktuur. Hulle sal na verwagting vandag (Maandag) in die hof verskyn.

Die vakbond Untu het verlede maand gesê hy is uiters bekommerd oor ʼn string kwaadwillige voorvalle waartydens Transnet se infrastruktuur oor die afgelope twee jaar skade gely het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Kokerboom ·

Koperdiefstal is lankal NIE meer ‘n grap! Dis blatante terrorisme! SAPS moet regtig nou wakker word.
Hoekom word ALLE kopers nie ge-identifiseer en gereeld onbeplande inspeksies gedoen. Vind ALLE kopers en sluit hul toe.
Sluit grense vir verdomde onekonomiese Afrika buitelanders wat ons land beset en roof!! Doen dit net. Deur al die Afrikane uit buurlande toe te laat kondoneer die regering wanbestuur korrupsie en outokrasie in die lande

Casper ·

Ek sal my enigste linkeroor gee dat hulle sogenaamde vlugtelinge is met vlugtelingstatus in piesangland.Dit is net ‘n rede om die land binne te suipel en dan begin hulle met hulle streke.Ek was lank immigrasiebeampte en het letterlik honderde bedrog en vervalsings en gerieflikheidshuwelike ondersoek.Ek het geen tyd vir die gemors nie.

Kokerboom ·

Ek ondervind dit op grense Casper. Wet is agter toonbank. Kleur van noot is belangrik

007 ·

Dit is omdat daar geen beheer is oor die hordes kriminele wat oor ons grense stroom nie. Want as jou land deur kriminele bestuur word gaan dit so. Bring die ou Spoorweg Polisie terug en nie privaat sekuriteits wagte soos nou nie.

JohnnyS ·

Maak sommer ook die korrupte howe toe. Die wat wel gevang word, word in die meeste gevalle doodeenvoudig “vrygelaat”

Wondermaarnet ·

Gaan seker elk op R500 borgtog vrygelaat word sodat hulle kan vlug.

SlinkseKoljander ·

As daai R3 miljoen is, is ek die koning van Zimbabwe. Was vir die eerste keer in 5 jaar by n polisie stasie, daar is geen diens en gee trots by die mense nie. Die land is oop vir kriminele om te doen wat hulle wil!

Andre ·

Andre (koning van Zim), die prys word bepaal op die vervangings waarde. nie wat hul daarvoor kry nie.

Miskruier ·

Dalk moet daar net nie meer n kilogram koper uit ons hawens verskeep word nie. Die hoeveelheid wat op die N1 hawe toe gery word, is enorm.

Marius ·

Dit is ‘n druppel in die emmer. Daar het alreeds duisende kilometers se spoorlyne verdwyn en stasie geboue is gestroop. Daar is slegs murasies wat oorgebly het. Dit is nou die anc se vooruitgang en werkskepping.

ROELOF ·

En so help die res van Afrika se kriminele om ons ou verpletterde landjie verder af te takel. Hier is die wette mos maar pap en borg vir ieder en elk.

marius ·

Die regering is kop in een mus . Elkeen kry sy aandeel elke maand . Glo dit maar .

Julius ·

Die hele anc is ‘n mafia staat. Sapd, weermag en regering. Polisie voorsien wapens aan misdadigers, weermag laat misdadigers oor die grense kom, transieto rowe se geld gaan regering toe. Ambulanse vervoer dwelms. Ag ek kan aangaan met ‘n lang lys.

Swerwer ·

Deprteer al hierdie uitlanders en daar kan dalk iets positief uit kom. Terwyl die ANC die grense oopgegooi het vir al hierdie uitlanders bewys dit net weer dat hul kommunisties gesind is en hul gaste nooi om hierdie land verder op te duiwel.

Anel ·

Hulle is buitelanderd. Sluit toe vir terrorisme. Ons kan nie eens hulle land wettig binne gaan nie. Nie dat ek ooit sou wou nie. Hier stap hulle in, vernietig ons infrastruktuur en stuur die geld nog land uit ook! Terroriste!!!

maakniesaaknie ·

Stuur hulle terug na hulle land toe. Gemors soos daai is van geen nut vir ons land nie, hoekom moet ons betaal laat hulle gerieflik agter tralies kan versorg word.

Boon ·

Iemand moet die kabels tog koop, smelt en uitvoer. Hoe moeilik kan dit wees om daardie persone aan te keer en hulle persele gereeld te inspekteer en dit deur hof permanent te laat sluit?

domheks ·

Hulle is bly hulle is gevang, nou kan hulle 5ster behandeling in SA tronke geniet! ‘n Paar jaar sit dan kan hulle net aangaan waar hulle nou uitgevang is!
Ons strafreg stelsel is net so pateties soos a.n.c. en hulle kaders!

Alfred E Neuman ·

Sluit alle skrootwerf handelaars summier en alle kabel diefstal sal onmiddelik tot n einde kom.

Erika ·

Korrupsie In Transnet Gaan Lang tyd vat om uit te sor teer..want daar is geen Organisasie en bevoegtheid

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.