Mans met miljoene se perlemoen betrap

Die perlemoen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die Wes-Kaapse polisie het twee mans in hegtenis geneem nadat perlemoen ter waarde van sowat R10 miljoen in hul besit gevind is.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die mans, onderskeidelik 24 en 31 jaar oud, is by ʼn huis in Blackheath in Kaapstad aangekeer.

“Die polisie het op inligting van die gemeenskap gereageer wat hulle na die huis gelei het waar die perlemoen gestoor is,” het Rwexana gesê.

Die mans moet Vrydag in die Blue Downs-landdroshof verskyn.

Die perlemoen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

snoefie ·

veels geluk met die kwota stelsel regering. dit noop mense om te steel.

Frikkie (Nie pienk) ·

Dis ‘n vraag wat onbeantwoord bly. Daagliks word daar op dwelms, renosterhorings, ivoor, vuurwapens, voertuie, perlemoen ens ens beslag gelê. Dit kan onmoontlik alles geberg totdat die hofsake afgehandel is, want die regstelsel is net so ver agter as die res van die land. Die voertuie, weet ek uit ondervinding, word so stuk vir stuk weggedra. Eerste gaan die battery en dan volg die res. Teen die tyd dat hul jou laat weet dat jou voertuig teruggevind is, staan nog net ‘n gedeelte van die bakwerk daar.

Spyker ·

Jare laas n pelamoeikie gepru.laaste keer was in die kaap op n vuur in stukkies gesny en in bamboes ge kook….heerlike ou dae . wens die stropers wil net so n ietsie oorlos vir die nameplate.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.