Mans met ongeslypte diamante betrap

Die ongeslypte diamante. Foto: Verskaf

Twee mans, albei 25 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat ongeslypte diamante in hul besit gevind is.

Sers. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê die inhegtenisneming het Woensdag om 14:00 in Tafelsig plaasgevind.

“Die polisie het inligting opgevolg en die twee mans by ʼn winkelsentrum gekry. Hulle was in besit van 15 ongeslypte diamante met ʼn geskatte straatwaarde van R1 miljoen,” het Rwexana gesê. Die mans is by die winkelsentrum in hegtenis geneem.

Die verdagtes moet binnekort in die Kaapstad-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ongeslypte diamante.

Die Valke ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Magda ·

Ek wil nt weet hoekom word n persoon gevang met diamante het God dit ni op di aarde gesit vi almal ni ma nou kom di mens en besluit wie se diamante is opi aarde en net die rykes en de beers mag se he se dinges hulle name staan ni da op ni hoekom mag nt sekeres vrug gebruik he van dit wat God vi almal gegee het di persoon moet vra ss hy dit nou gekry het hoekom mag hy dit nie hou ni dis aardse goed wa oor di mens baas speel wat verkeerd is

Suzie ·

Ai Magda….. dan kan ons almal seker ook maar blikkieskos op die rakke van die winkels gaan vat want dit staan mos daar vir ons almal se gebruik…..

t ·

Magda, ek wil ook weet wie of watter ekonomie word benadeel anders as DeBeers as ek die diamante wat ek op my plaas optel wil gaan smous?
Suzie, blikkieskos op ‘n rak behoort aan die winkel eienaar. Die diamante op my plaas is myne, nie iemand anders s’n nie.
Sal iemand wat weet hoe die wet werk, vir ons probeer verduidelik hoe dit werk?

Grassie ·

Engeland het tydens die tweede vryheidsoorlog twee Boererepublieke totaal verwoes en ondermeer 26000 Boerevroue- en kinders in konsentasiekampe laat sterf – en dit alles om hul hande op ONS goud en diamante te kry. Elke diamant wat daardie uitlander-maatskappye daarna in hierdie land ontgin is ‘n bloeddiamant – die bloed van daardie vrouens en kinders en ook die burgers wat gedurende die oorlog gesneuwel het.

Suzie ·

:) ….. t….. wat is die kanse dat die mans hierdie ongeslypte diamante op hul “eie plaas” opgetel het….. of dat hulle hul eie myn het?

Middie ·

By die lees van die berig oor die “onwettige besit van ongeslypte diamante” het ek gewonder of ‘n mens (wat sê nou maar in diamanthandel is) ongeslypte diamante wettig in sy besit kan hê. Kan iemand wat kennis het my dalk antwoord?

Adam ·

Middie, die besit van ongeslypte diamante word toegelaat vir houers van mynpermitte, diamant handelaars lisensies, asook “beneficiation” lisensies. Lg laat jou toe om diamante te slyp en te poleer. Minerale regte vestig in die staat en die lisensies om te myn word deur die Departement van Minerale en Energiesake uitgereik.LW, nie noodwending aan die grondeienaar nie. In die verlede was die minerale regte in die transportakte ingesluit en was die eienaar van die eiendom die eienaar van die minerale regte. Die Kimberley Processing Certification stelsel is in die laaste jare wereldwyd geimplementeer om ‘n rekord van die vloei van diamante (in-en uitvoer) daar te stel en onwettige handel in sg “blood diamonds” uit te skakel. Ondanks dit vind baie ongeslypte diamante ‘n pad in SA in vanuit ons buurlande via uitgebreide smokkelary.

middie ·

Adam, ‘n inwoner van ons gemeenskap reis ongeveer elke twee maande Nigerië en Tanzanië toe. Na ‘n paar drankies het hy sowat 20 klippies gewys en beweer dat 80 000 in sy hand lê. Hy reis baie dikwels oorsee om te verhandel. Is die sekuriteit op lughawens so power dat sy sake al jare kan voortgaan sonder enige Probleme? Kan so ‘n modus operandus wettig wees, wonder ek.

Adam ·

Middie, dit is juis waar die groot uitdaging is. Sulke besigheid is gewoonlik onwettig en dit is moeilik vir lughawe sekuriteit om dit effektief te bekamp. Jy kan gerus lees oor die samestelling van ‘n diamant en die mate waarin dit deur skandeerders geidentifiseer kan word. Die smokkelaaars is boonop uiters goed ingelig en het ook die samewerking van korrupte lughawepersoneel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.