Mans met R6.9 miljoen se dwelms betrap

Foto verskaf deur die SAPD

Drie mans, tussen 27 en 40 jaar oud, is in Empangeni in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met die besit van heroïen. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Die polisie het ʼn wenk ontvang oor die groep verdagtes wat die dwelmmiddels van Mosambiek na Empangeni vervoer. Beamptes het dadelik op die wenk reageer.

Die voertuig, met drie insittendes, is voorgekeer en ʼn soektog is uitgevoer. Beamptes het 23 sakke heroïen in die bagasieruim van die bakkie opgespoor.

Elke sak weeg ongeveer 2 kg en die geraamde straatwaarde beloop R6,9 miljoen.

Foto verskaf deur die SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wielspore ·

Dwelms vanuit Mosambiek is met komplemente van ISIS wat tans ‘besig is om gruwel dade teenoor inwoners in die Noorde van die land te pleeg. Jong kinders word ontvoer en opgelei as soldate vir ISIS. Die dwelms word na SA gesmokkel en verkoop en die geld word aangewend vir wapens vir ISIS.
Hierdie is goeie werk deur die polisie, hou so aan.

SomeOne ·

‘n groot dankie vir daardie fonds, dink net hoeveel lewens word daardeur gespaar

Di ·

Dit is kommerwekkend dat so baie dwelms die land ingesmokkel word. My vraag bly , hoe kom hulle deur die grenspos sonder om gevang te word? Dom vraag! natuurlik help “our people” wat daar werk hulle vir ‘n paar rand in die sak. Ons grootste probleem is die korrupte spul op die grensposte

Johan ·

Lekker meevaller vir die SAPS lede net so voor kersfees…….daai dwelms gaan spore kry so gou as nou!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.