Mans onthoof wat op treinspoor slaap

Die treinspoor waar die twee mans onthoof is (Foto: Reaction Unit SA, Verskaf)

Twee mans is vroeg Dinsdagoggend in Tongaat in KwaZulu-Natal onthoof toe ʼn trein oor hulle gery het. Hulle was besig om op ’n treinspoor te slaap.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die twee mans, in hul 20’s, het omstreeks 03:20 op ’n treinspoor naby die Tongaat-treinstasie geslaap toe hulle deur ʼn trein getref is. Hulle is in die proses onthoof.

Lede van die Reaction Unit South Africa (Rusa) op die toneel (Foto: Reaction Unit SA, Verskaf)

“Die presiese omstandighede van die voorval word nog ondersoek,” sê Mbele.

Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), sê ʼn omstander het hulle omstreeks 06:20 van die voorval in kennis gestel. Met hul beamptes se aankoms op die toneel, het hulle die twee onthoofde mans op die toneel aangetref. Spoorwegowerhede was ook reeds op die toneel.

“Volgens inligting was die twee mans glo haweloos en het hulle gewoonlik onder ʼn brug langs die treinspoor geslaap,” sê Balram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.