Mans poog om ambulans te kaap

‘n Skermskoot van die ambulans se aanboordkamera.

ʼn Ambulans is Sondagaand glo amper gekaap terwyl paramedici ʼn siek pasiënt na ʼn hospitaal geneem het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê een van hul ambulanse het omstreeks 22:00 ʼn pasiënt in Ntuzuma, Noord van Durban, na ʼn hospitaal geneem toe die voorval in een van die toegangspaaie plaasgevind het.

“Die ambulansbestuurder het spoed verminder om oor spoedhobbels te ry. Hy het vier mans die pad sien kruis. Toe die ambulans verby ry, het die mans die ambulans genader met vuurwapens in hul hande. Die bestuurder het dadelik verbygejaag voor die verdagtes die kaping kon uitvoer. Die mans het die agterkant van die ambulans geslaan, agter dit aangehardloop en hul vuurwapens op die voertuig gerig,” het Jamieson gesê.

Die ambulanspersoneel en pasiënt is nie tydens die voorval beseer nie.

Rescue Care Paramedics het die voorval by die polisie aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Penellope Jones ·

……………..en die regering kyk anderkant, hoor ook nie.

Adri ·

Dis skokkend (vir sommiges van ons, ander dink mos dis normaal…)

jankoos ·

Geen wetstoepassers, anc regering wat verwag ons meer as totale chaos en anargie.

Anoniem ·

Sou ook graag Lindiwe Sisulu se kommentaar hierop wou hoor…

Johan ·

Wat de donkie wil jy met ‘n ambulans doen?????????

Van ons land se mense is SIEK, SIEK uiters SIEK.

Nettie ·

@Johan – hulle stel nie belang in die ambulans nie. Hulle wil die mense IN die ambulans beroof – van hul geld, selfone en enige iets waardevol … net vir genoeg geld om die volgende tikstrooitjie, dagga-stopsel of nyaope-sigaret te kan koop.

Ek dink ambulansdienste moet begin weier om sekere gebiede te bedien – dit het in ons klein plattelandse dorp begin gebeur. Privaat-ambulansdienste werk in sekere areas nie meer nie; as jy daar woon en siek of beseer raak, moet jy òf sorg dat jy self by die hospitaal kom óf wag vir die provinsiale ambulansdienste (wat dalk die dag ná jou begrafnis daar sal aankom).

Spike ·

Die revolusie het sy kinders so grootgemaak. Gaan lees op facebook wat sê Tuli Madonsela. Wat ñ wyse vrou.

Koos ·

Thuli se seun het lekker met haar ampsmotor rondkerjakker, ‘n BMW X6, en dit toe erg beskadig. Sy was toe baie traag om daarvoor in te staan. So almal wat haar so ophemel… vat dit stadig.

belinda ·

hahahaha seker gedink daar is geld in die ambulans, wat wou hulle doen, mense raak siek.

piper ·

ek reken van die gevalle is die aanvallers op ; drugs ; en sal enige ding doen om n ;fix ; te kry. ons land is oorrompel met verslawing. kinders so oud as agt jaar in ; rehabs ;

Reine waarheid ·

Piper … Ditto
Lankal gesê as MISDAAD statistieke ivm DWELMS en grade en metodes bv indensiteit bestudeer word gaan gevolgtrekkings boekdele spreek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.