Mans sit lank nadat hulle platinum wou steel

platinum2Ses mans is Vrydag in die landdroshof in Port Elizabeth swaar vonnisse opgelê nadat hulle skuldig bevind is aan moord en diefstal.

“Die mans is almal tussen 33 en 40 jaar oud,” het brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Patrick Ntsume is gevonnis tot 33 jaar tronkstraf, Unathi Wana vir 30 jaar, Vukile Ngcangisa vir 27 jaar, Luyanda Njokweni vir 25 jaar, Madoda Dopla Nube vir 23 jaar en Xolani Edward Nanto vir ses jaar.”

Die mans, buiten Nanto, is skuldig bevind op ses aanklagte van moord, diefstal met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens. Nanto is tot ses jaar tronkstraf gevonnis vir diefstal.

“Die mans is in 2011 in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het oor ʼn beplande kaping van ʼn bakkie wat platinum vervoer,” het Mills gesê. “Dertien mans het die bakkie voorgekeer en toe hulle ontdek die polisie is teenwoordig, het hulle op die beamptes losgebrand.”

Mills sê die polisie het teruggeskiet en ses van die mans is op die toneel dood.

Lt.gen. Celiwe Binta, polisiekommissaris in die Oos-Kaap, het die polisie geprys vir die inhegtenisneming van die mans. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.