Mans swaar gestraf vir moord, ontvoering

hof-hamer

Argieffoto.

Vier mans is in die Durbanse hooggeregshof swaar gestraf vir moord en ontvoering.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê Vusumuzi Myaka (44), Mabulala Fano Dlamini (43), Bhuhle Mkhize (29) en Hlalo Shangase (27) is elk tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord. “Hulle is verder elk vyf jaar tronkstraf opgelê vir ontvoering,” het Gwala gesê.

Myaka het op 6 Oktober 2015 sy Toyota Quantum-taxi by die KwaDabeka-taxistaanplek parkeer en sy selfoon binne die voertuig op die laaier gelos. Toe hy terugkeer na sy voertuig was die selfoon weg.

“Hy het navraag gedoen in die omgewing en hy en drie van sy makkers is daarna na ʼn huis in Zazilaan in KwaDabeka waar Sbahle Ntanzi (25) en Lolizwe Sindane (29 gewoon het. Hulle het die twee ontvoer en na die M19-snelweg naby Reservoir Hills geneem,” het Gwala gesê.

Ntanzi en Sindane is met skerp voorwerpe gesteek en daarna doodgeskiet. Ntanzi se liggaam is die volgende dag op die M19-snelweg gevind en ʼn saak van moord is aanhangig gemaak. Sindane se liggaam is nooit opgespoor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.