Mans vas met 19 jaggewere ná plaasaanval

(Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

Die polisie in Westonaria, Gauteng, het Vrydag twee verdagtes wat in besit van 19 jaggewere was, in hegtenis geneem. Die verdagtes, onderskeidelik 34 en 44 jaar, het na bewering die jaggewere tydens ʼn plaasaanval digby die dorp gesteel.

Volgens kol. Noxolo Kweza, polisiewoordvoerder, het vier verdagtes met klapmusse en messe ʼn egpaar in hul huis op ʼn plaas digby Westonaria oorval. Hulle het die vrou (66) in die arm gesteek en haar vasgebind. Hulle het haar 71-jarige man – wat in daardie stadium nie tuis was nie – ingewag.

“Toe die man by die huis kom, het die verdagtes hom met ʼn hamer oor die kop geslaan. Hy is ook vasgebind voordat hulle die huis geplunder het,” bevestig Kweza.

“Die verdagtes het 19 jaggewere, messe en ander huishoudelike items gebuit. Hulle het in die egpaar se Toyota Hilux-bakkie gevlug.”

Die egpaar se kinders het later die aand by die huis aangekom en op hul vasgebinde ouers afgekom. Hulle het hul ouers losgemaak en na ʼn buurplaas gegaan om die polisie te bel.

“Op pad na die plaas het die polisie die egpaar se bakkie en ʼn Toyota Avanza gewaar wat in die teenoorgestelde rigting gery het. Die polisie het onmiddellik ʼn U-draai gemaak en die voertuie agternagesit. Die verdagtes het met die bakkie van die pad afgetrek en te voet gevlug.”

Volgens Kweza is twee van die vier verdagtes in hegtenis geneem. Die ander twee het daarin geslaag om weg te kom en die polisie is steeds op soek na hulle.

Lt.genl. Elias Mawela, die provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, het die polisie geloof vir hul spoedige optrede wat tot die verdagtes se inhegtenisneming gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Persheks Adri ·

Hoed sit steeds in sy pos en wil ons ontwapen pffft!

Filistyn ·

‘n verdagte- enkelvoud – is gevang.. verdagtes -meervoud soos in berig, dui op meer as een.

Di ·

Ja, met tyd haal jou dade jou in! Jy kan net SO lank wegkom met kriminele dade voordat jy gevang word.

Hasie ·

Ou Hoed …hul seker die Jag gewere gevat want hul wou bietjie gaan jag ….Plaasaanvale is mos nie ‘n misdaad nie. Dit gaan oor roof …..Jy slaap lekker vas en skuil agter jou lyfwagte want jy is bang vir niks ????

Tiptol ·

Hulle is 4 teen 1 en hul slaan hom nogsteeds met ‘n hamer op die kop. Vreeslik.

Pablo ·

Die polisie het twee verdagtes. Gearresteer terwyl twee weggekom het. Hoe gebeur so iets. Is daar nie meer polisie honde nie.
Nog iets , 19 jag gewere? Hoeveel het nodig om te jag?
Laastens, “Hulle het hul ouers losgemaak en na ʼn buurplaas gegaan om die polisie te bel.” Het hulle nie cellphone nie. Hoe bly jy op n plaas sonder een of ander kommunikasie toerusting.

Pieter ·

Om te kla help ons net mooi niks die sleg anc kommuniste lag vir ons. Ons gaan moet stand punt in neem so nie weet ek nie wat gaan van ons word nie. Met al die politieke partye in die land gaan ons nerens kom nie. Ons as blankes gaan moet saam staan en vir net een party stem so nie gaan ons met die sleg anc sit.

Frederick ·

Kan iemand sê hoe kry mens lisensies v 19 jaggewere ???

Persheks Adri ·

Toegewyde jagter en sport skiet is ‘n groot moontlik Frederick

Hennie ·

18 Jag gewere? Waarom so baie? Plaas ‘n reuse risiko op jouself en jou gesin – baie mense weet nou waar hierdie wapens vandaan kom…

Carl ·

Hennie, elke persson is vry en geregtig om soveel van enige item te besit wat natuurlik binne die wet is. Mens kan 20 motors/fietse of selfs meer besit. Mens kan kunswerke tot 100é miljoene rand besit. As die SAPS hulle werk doen kan ons dit ook in veiligheid doen.
Hoekom is dit vreemd om soveel gewere te besit? Ek weet van heelwat mense wat meer besit – want dis lekker.

Swerwer ·

Vuilgoed! En so skitter Hoed in sy afwesigheid want volens die ANC Kader is daar mos nie misdaad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.