Mans vas ná Swart Maandag: ‘Dit is skokkend en onaanvaarbaar’

Foto: ANA

Die VF Plus het met skok kennis geneem dat dagvaardings uitgereik word aan boere wat aan die Swart Maandag-veldtog deelgeneem het en is tans in gesprek met die kommissaris- en minister van polisie oor die  aangeleentheid. Só het Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, Woensdg gesê.

Een van die mense wat beskuldig word, is die 69-jarige Pieter Wagner van Modimolle. “Wagner is gedagvaar om 2 November in die landdroshof op Bela-Bela te verskyn op aanklag van die reël van ʼn onwettige byeenkoms en ingevolge die padverkeerswet oor die blokkering van ʼn pad,” het Groenewald gesê.

Groenewald meen die optrede teen die mans is “skokkend en onaanvaarbaar aangesien die veldtog landswyd vreedsaam afgeloop het”.

“Niemand wat aan die landswye optogte deelgeneem het, het paaie versper met brandende bande en klippe, en eiendom verwoes nie. Mense van alle rasse het spontaan aan die veldtog deelgeneem oor ʼn legitieme saak, en dit is die onaanvaarbare hoë voorkoms van plaasmoorde wat op die huidige regering se beurtwag plaasvind.”

Groenewald het bygevoeg die regering hou met dié houding ʼn rooi vlag voor alle vredeliewende landsburgers en die optrede teen boere is ʼn klap in die gesig van die landbougemeenskap in die besonder.

“Die VF Plus was onder die indruk dat die veldtog die minister se goedkeuring gehad aangesien hy vooraf daarvan bewus was en geen waarskuwing gerig het nie. Dit is duidelik dat hierdie optrede teen die boere die gevolg is van politieke druk op die minister. Die VF Plus staan vierkantig agter die boere in hierdie aangeleentheid en sal op politieke vlak alles moontlik doen om druk op die regering te plaas om nie voort te gaan met hul optrede teen die boere nie,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Willem ·

Hier is ‘n reuse slang in die gras – die media versprei vals fotos van mense met die ou landsvlag, Nathi Mtethwa gebruik dit om die Swart Maandag optrede as rassisties te brandmerk en só gaan dit voort. Nou arresteer hulle mense!? Pleks hulle liewers die beskikbare bronne gebruik om die afgelope dae se moordenaars van witmense te jag. Of pas dit die nuwe regeerders dat ons stuk-stuk uitgewis word?

Ernie ·

Beslis Willem. Dit herinner baie sterk hoe die Nazi’s die jode stadig maar seker vervolg het.( lees die geskiedenis )

Soos Ramaposa ook opgemerk het” die padda word stadig dood gekook sonder dat hy dit agterkom”.

Ella ·

Ek is baie bekommerd. Daar is n ongekende hardheid teenoor n sekere deel van die bevolking. Die uitsprake hits verdere geweld aan. Mag die Vader ons beskerm.

Mielie ·

Is dit net mans wat gedagvaar word? Deur die blankes en boere te vervolg gaan niks aan misdaad syfers doen nie. Die nar wil nou n punt bewys…..

Rocky ·

Die wat nog met oogklappe rondloop en nie besef dat daar ‘n baie defnitiewe plan in werking is wat presies in Zimbabwe afgespeel het moet weer dink. Die B(b) oer is geteiken en SAL uitgeskakel word.
Wees paraat. Fisiese en geestelik. Die “over kill” “vonnis van die Doodskis 2 moes reeds die oë laat rek het.

Johan ·

Ons in Warmbad het Maandag langs die N1 bymekaar gekom en vir ons boere gebid. Daarna het ons gepas stadig terug gery na hierdie gewyde oomblikke as gemeenskap.
Om 12:00 het ons in die parkeerterrein van ons SPAR ‘n biduue gehou.
Jou wragtag, vandag kla hulle ook een van ons manne (Pieter Wagner) aan dat hy onwettige byeenkomste gereël het; en weet die Kolonel in bevel van die plaaslike polisie ons te vertel dat ons 14 dae voor die tyd by die munisipaliteit aansoek moes doen om sulke bid byeenkomste te hou. Die ironie is dat hy nie eers die byeenkomste gereël het nie.
Dié aanslag ons godsdiensvryheid skrei ten hemele

Spyker ·

Nou wat dan van “kill the FARMER,kill the BOER” en “one BULLET, one SETTLER” dit is rassisties en aanhitsing ,maar ooo nee dit tel mos nie.

Valerie Byliefeldt ·

My eerlike opinie… As een man aangekla word moet die hele SA se mense aangekla word. Dit was nie die Inisiatief van enige Politieke Party nie, maar die mense se eie Inisiatief gewees om Swart Maandag op die been te bring. Dit het hier gegaan oor Ons boere en hulle alleen. Nie oor enige Politieke Party of sy Leier nie. Ek is so trots op ons mense en ons boere. Dit was Geskiedenis in sy beste wat daar nog in jare gemaak is. Ja die Regering is bang, hulle het nou maar vir eens en altyd aanskou waartoe ons Mense en ons Boere in staat is. Malema is die een wat sy woorde versigtig moet kies. Ons het elkeen ‘n reg van vryspraak, Ons boere sal nie toestaan en sien dat hulle ons grond net vat nie. Genoeg was al lank reeds genoeg. Vir Malema wil ek se: Ons dorpies waarna jy Malema verwys… het almal name. En ons Boere sorg vir kos op mense se tafels… ingesluit jou kos Malema. Jy wat so lekker aan jou pap smul… onthou net ons boere het daardie saad geplant waaraan jy so lekker eet. Jy se jy is nie bang nie… WEL ONS BOERE OOK NIE. Netsoveel reg soos jy het Malema….. NET SOVEEL REG HET ONS BOERE. Ons boere se LEWENS MAAK SAAK. NKP GROETE

Drina ·

WOW!!!! EK STEM 110% SAAM! BJA TROTS OP JOU BEWOORDING! SELF KON EK DIT NI BETER GESTEL HET NI!!!! HI 5″ VIR JOU!!!!

Tokkie ·

Beter kon ek dit nie stel nie. Hulle vrees ons God want hulle weet wanneer Hy intree gebeur groot wonders.

Tokkie ·

Beter kon ek dit nie stel nie. Hulle vrees ons God want hul weet waar Hy intree gebeur GROOT wonderwerke. Ons gaan nou deur ‘n smeltkroes maar die dag wanneer ons eendragtig as volk na Hom terugkeer sal Hy ons genade betoon en weer as volk herstel.

john van tonder ·

Jy is heeltemal reg. Onthou mense ons weet dat daar n lae intensiteit oorlog teen ons boere aan die gang is. Derhalwe moet ons probeer om te alle tye binne die raamwerk van die wet op te tree. Elke klein dingetjie wat ons verkeerd sê of doen sal teen ons gebruik word. Die tyd is hier dat daar onder ons manne opstaan en leierskap neem en sorg dat alle byeenkomste en dies meer ordelik en wettig verloop. Laat die anderkant maar bande brand en afbreek, dit plaas die onus op hulle. Intussen maak gereed en beveilig jou plaas en mense. Begin plaaswagte en wees aktief betrokke. Die tyd het gekom.

Irene ·

So bek kort jam !!!
Ek moet se ek voel weer trots om te se ek is n Suid-Afrikaaner en hier wil ek bly. Ek hoop, glo en vertrou ons nasie kan saam staan, nie net vir ons en ons boere nie maar vir die volgende generasie. Wat gaan word van ons kinders en hulle kinders word as ons as ouers toe kyk wat met die land gebeur ??

Chris Ws ·

Ek is vas oortuig die anc regering het nie so groot vreedsame saamstaan aksie reg deur die land verwag nie.Hulle het hul alies af geskrik by aanskouing van die groot getalle wat deelgeneem het.Hierdie was ‘n oog oopmaker vir hulle!En hulle hou nie van wat hulle gesien het nie.

Adri ·

Onaanvaarbaar. Wat word van daai trok drywers wat tussen die mense in gejaag het? Gaan hulle gevonnis word 14 jaar tronk straf? Dan moet daar ook vergoeding vir daai mense wat seer gekry het gegee word.

SO ·

Amen. Het daardie vragmotor bestuurders dit met voorbedagte rade gedoen om van agter in daardie voertuig optog in te jaag? Vra net want dan hoort hulle agter tralies vir 15 jaar.

Mia Ludick ·

Eerste keer dat die boere opstaan vir hul regte en nou die tragiese nuus!

Boet Fasie ·

Gaan die EFF se manne ook more aangekla word as hulle ‘n optog in Pretoria hou – nee jammer ek het vergeet hulle kleur is reg en hulle mag aan die brand steek en plunder sover hulle gaan.

Heleen ·

Hierdie land loop dieselfde pad as Zimbabwe…due wêreld daar buite gee nie om nie..ons is op ons eie..

Suzie ·

Jy is 100% korrek. SA sal ‘n Zimbabwe word. Die wat stry is in denial, of het oogklappe aan. Die regering is nie bang nie. En dis nie my opinie nie, dis feite.

Charles Skeen ·

Hierdie is maar net ‘n deel van die president se planne om uiteindelik ‘n noodtoestand te kan aankondig sodat hy ‘n politieke staatsgreep kan toepas. Hy weet hy staan ‘n baie goeie kans om nie weer verkies te word in Desember nie, daarom sal hy selfs deur gebruik te maak van heel onwettige polisie optredes en ook deur gewillige politieke idiote soos die EFF ‘n noodsituasie ontlok. So wees gewaarsku.

Giel ·

Ek stem absoluut met jou saam, Charles Skeen. Dinge wat tans gebeur in die regering, is maar die voorbereiding vir wat later beplan word. Sodra dinge regtig handuit ruk in die siening van die regering, gaan daar ‘n noodtoestand afgekondig word deur die “demokratiese” regering, sodat hulle wetlik enige weerstand teen hulle, met militere geweld kan vernietig. Was die groot Weermag teenwoordigheid by die toespraak van die president nie net maar ‘n oefenlopie nie?!

Callie ·

Mense dit is skrikwekkend maar baie mooi beplan. Druk gaan nou toegepas word en erens gaan die prisedent n rede kry om die weermag te ontplooi om vrede te bewaar. As hulle ontplooi is kan hy toeslaan met n staatsgreep sonder dat daar enige noemenswaardige teenreaksie kan wees. Wees wakker, hier kom alles waarteen ons regdenkende mense staan

janvanriebeeck ·

hy kan probeer maar hy gaan n toets dop , letterlik sy eie graf grawe

Pierre ·

Toemaar, ons weermag is ‘n klug in vergelyking met wat dit was toe ons nog daar was…

Rina ·

Wil net weet wat doen die DA vir die stryd teen plaasmoord. Jy hoor niks dat hulle ook opstaan vir die boere nie!!

Trots Afrikaans ·

Duidelik is die makliker om wets gehoorsame belastingbetalers voor die hof te daag as die voorheen benadeelde oproeriges van die meerderheids groep. Ek dink die is regering moet besef wie is groep wat ekonomies hulle leefstyl finansier en ophou die aandag van Nr1 af probeer aflei.

Ann ·

Ek kies nie kant nie, maar gaan asseblief terug na die trok-berig. Mense wat trokke ken sal met my saamstem dat ñ trok met ñ vol vrag bitter moeilik gestop kan word op ñ kort afstand, en dan nog op ñ afdraand ook. Ek het Dinsdag met ñ klomp boere oor die ding gepraat en almal was eens met my dat dit bloot ñ ongeluk was. ñ Trok is nie ñ kar wat vinnig gestop kan word nie. Iemand het ook vir my gesê dat al skop die drywer die briek vas op ñ afdraand, sal hy steeds ñ afstand nodig hê om te stop. Dan is daar nog ñ gevaar van brieke wat vashaak. Baie faktorr is ter sprake.

Nel ·

Ja dis ‘skokkend en onaanvaar’, maar wat anders het ons verwag met ‘n Zuma- toutjiespop as minister van polisie?

Christa van Schalkwyk ·

Om mense te blokkeer al gebruik mens nie fisiese geweld nie, is ook geweld. Mense moes party plekke ure in verkeer staan. Daar was kinders wat laat was vir hulle matriek eksamens. Hoekom moes die verkeer geblokkeer word? Dit het nou net die teenoorgestelde reaksie uitgelok. Mense wat langs die pad gestaan het met plakkate was vir my aanvaarbaar, maar om mense te blokkeer is oortreding van die wet.

foxi ·

Dame, jy verstaan seker nie die ernstige sy van ons witmense….boere gemeenskap (swart en wit nie! Eksamens kan uitgestel word en geskryf word. Kos op die tafel wat deur die boer voorsien word, vat n lank tyd om te groei en te verwerk. Ek het nou al n paar negatiewe kommentare al gelees, waar mense kla en kla dat hul werk moet gedoen word en dat die optogte n mors van tyd was en is. Hoe moet ons as mense dit verstaan? Hierdie land en sy mense is in groot moeilikheid en al staan daar 10 mense saam, is dit darem n begin om iets daaraan te doen. Asseblief mense, staan saam, ons doen dit terwille vir onse kinders se toekoms. Ons is nie geskape vir die verderf nie, maar is geskape om God se skepping te geniet……te bewerk en te bou.

tom ·

Die anc regering het geskrik hulle het nie gedink daar gaan so baie protes wees nie

Tilla ·

Vanmore wil ek ‘n ander klip in die bos gooi, Wat bewys statistieke wie pleeg hierdie moorde, is dit mense van Suid Afrika of is dit mense wat van buite inkom? As dit ander mense is hoe gaan ons dit stopsit en as dit die geval is hoe lank gaan dit vir die mense in beheer neem om wakker te word?

Laetitia ·

Die ANC & EFF sit soos aasvoels op ,n tak en wag vir die geringste ou stukkie afval sodat daar ,n groot storie gemaak kan word. Hulle vee glad nie voor hulle eie deur nie.
Pleks dat Fikile Mbalula die erns van plaasmoorde besef ,en daaraan meer aandag gee in plaas daarvan om die belastingbelasting belaters se geld te mors op sulke onsinnigheid.

Frikkie ·

…want n’ aanspreeklike persoon was geïdentifiseer. Wanneer die Filistyne toi-toi is daar nie iemand aanspreeklik nie want hulle laat dit weg raak in die massa’s en almal lieg saam en pleit net onskuldig/onkundig…

Neville Boardman ·

Ek dink dit is n paniek wat hulle beetpak en hulle is vrees bevange. Hulle het nie gedink soveel boer sal saamstaan nie. En wat hulle nie besef nie dit was maar n klein gedeelte van die boere wat daar was. Be afraid, be very afraid. Julle lok die boere uit en jul gaan n duur prys betaal.

Eddie ·

Ek dink dis tyd dat ons boere ophou om voedsel produkte aan die winkels te verskaf, soos ons mede mense gese het food does not come from boere it comes from checkers

Johan ·

AL die boere van Warmbad omgewing moet opruk na die hof en sy vrylating gaan EIS. Ook dat alle klagte laat vaar word. Maar dit moet in MASSAS geskied. Dieselfde massa wat Maandag deelgeneem het moet die boer nou ook ondersteun. Ek sê al lankal ons regstelsel is ‘n klug wat deur rassistiese narre beheer word.

JohanL ·

Al die boere van die omgewing moet opruk na die hof en aandring op die vrylating van die boer en ook dat alle klagte teen hom laat vaar word. Dieselfde massa boere wat Maandag deelgeneem het, moet ook nou vreedsaam opruk na die hof. Dit is nou tyd om saam te staan.

Christo ·

Afrikaners wil ook net nie van Piet Retief leer nie. Jy kan nie in goedertrou met die ANC of te wel dieANC ondethandel nie. Die Bybel sê jy moet jou naaste lief hê, maar dit beteken nie dat jy hom moet vertrou of eer nie. Die ANC gaan altyd tetug op sy woord. Die boere eat aangekla word het nie iemand wat hulle van agter steun nie, hulle het mense wat langs mekaar staan en hulle ondetsteun. ‘n Verenigde front.

Thea ·

Weier dat die mense wat ons mense wil toesluit kos kry sodat hulle kan voel hoe voel dit sonder die boere wat voorsien.

Theresa ·

HOE KAN ONS DIE MENSE HELP???? Nog nie ‘n antwoord op die kommentare gekry nie.
Dit mag nie toegelaat word dat mense wat niks fout gedoen het, onregverdig verder behandel word nie. Gee raad, asb. Almal wil graag help (ek is seker daarvan).

Gatvol ·

Die optogte was wereld wyd en dit was nie net boere nie, dis almal wat gatvol is vir moorde, spesifiek plaas moorde.
Dit was ‘n te groot skok wat hul glad nie verwag het nie en nou voel hulle bedreig. Hulle wil nou ‘n punt maak deur mense aan te kla.
Nou moet daar sommer nog baie sulke optogte gehou word, maar op selfs groter skaal, soos op 1 Dec en sommer ook 16 Dec.

Die wat aangekla is moet deur duisende ondersteun word as hulle hof toe moet gaan.
Hulle mag nie alleen staan nie, want hulle het nie alleen geprotesteer nie.
Ons moet net ons kant skoon hou, want hulle soek rede om ons in die tronke te gooi en voorbeeld te maak van party om sodoende almal aft e skrik.

Ouma ·

Hulle moet iets kry om die aandag af te lei van wat régtig gebeur in die land.

sonja ·

Dan wil ek he die taxi bestuurders wat die paaie geblock het en verhoed het dat ek by die werk kon uitkom, so 5 maande terug, moet ook gearisteer word.

Vlooi ·

Nou vra ek wat was soooooo verkeerd net om rede ons ons God gevra het om ons te vergewe oor ons weg gedraai van Hom af en dit in die ope lug op ons kniee en gevra om ons te help om ons boere wat ons kos voorsien te help mag ons nie as ñ kind van God dit doen nie ons was vreedsaam en niks anders

Louis ·

Dis duidelik dat met elke hofsaak teen ons n presesent geskep wil word. Bv persoon in n kis. Die straf lagwekkend ongekend. En nou weer by n landswye sogenoemde “blanke” protes-aksie. As dit in die hof beland, gaan daar n poging vir n maksimum straf wees. Kom ons kyk wat gebeur met die EFF se “march” in Pretoria môre.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.