Mans vas oor dagga van R1,6 miljoen


Twee mans is in die Noord-Kaap vas oor dagga van R1,6 miljoen (9 Desember 2018) (Foto: SAPD)

Polisiebeamptes van Victoria-Wes in die Noord-Kaap het Sondagoggend ʼn groot deurbraak gemaak toe twee mans in hegtenis geneem is wat dagga ter waarde van ongeveer R1,6 miljoen vervoer het.

Die verdagtes is by Drie Susters in hegtenis geneem tydens ʼn padblokkade deur die Pixley ka Seme-ingrypingspan, die blitspatrollie, Victoria-Wes se polisiebeamptes en provinsiale verkeersbeamptes, het brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, gesê.

“Altesaam 21 sakke van saamgeperste dagga, wat 330,4 kg weeg, is agterop ʼn bakkie gevind. Beamptes het ook beslag gelê op R12 000 kontant.”

Die twee mans, onderskeidelik 29 en 59 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die landdroshof in Victoria-Wes verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johnnie ·

Nou waarom is hulle nou ge arrester dagga is dan gewettig, daardie dagga was seker maar vir hulle pesoonlike gebruik.

brens ·

Jissie hul kon n lekker hoeveelheid olie vir pyn daaruit kon kook hoor!!

Andre C ·

Ek hoop nie die polisie verkoop dit vir hulle eie sak nie!

Molly ·

Dagga is nog nie wettig nie. Die grondwet moet nog gewysig word want nog 18 maande gaan neem. Ook die koop en verkoop bly onwettig

jaco ·

Daar is ‘n hofbevel wat nie 100% met jou stelling ooreenstem nie.

HPV ·

Amper R5000 per kilogram, ek glo nie dagga was al ooit soveel werd nie. Met die wettiging van dagga binnekort sal dit in elk geval nie meer die moeite werd wees om daarmee te smokkel nie.

Karn ·

Dis wettig in die gebruik in jou eie huis, nie die vervoer, verkoop, kweek (op grootskaal) nie.

Jaspaas met sy stil geraas... ·

…yip… Die HIGHways mag nie gebruik word nie….

johan ·

al wat ek se dit gaan n baie interresante hof saak wees …hoop ons word op hoogte gehou van die saak…want hulle gaan handel moet bewys…daar is nog nie vasgestel hoeveel jy mag besit nie …so die staat gaan maar sukkel dink ek…..

ben ·

Dis een uit ñ duisend wat gevang word.
Die res lag vir hulle. Ten minste 5 of 6 bakkie vragte per week op die paaie. En dan word die beamptes nog omgekoop ook.
“It is a circus out there”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.