Twee persone is in hegtenis geneem in verband met die diefstal van batterye uit ʼn selfoontoring in Macassar in die Wes-Kaap.
Mihlali Majikela, woordvoerder van die polisie, het gesê Maitland-blitspatrollie het Donderdagmiddag reageer op inligting oor die diefstal. “Die voertuig, waarin die verdagtes gevlug het, is in Kuilsrivier voorgekeer. Beamptes het twaalf selfoontoringbatterye ter waarde van R50 400 in die motor gevind.”
Twee verdagtes, onderskeidelik 35 en 36 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van gesteelde eiendom. Hulle sal na verwagting Maandag in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn.
Dankie aan almal wat korrupsie beveg!
Hierdie ou moet van diefstal EN sabotasie aangekla word.
Sabotasie verseker, terroriste, kla aan en verwyder uit samelewing
Sluit toe en gooi die sleutel weg.