Mans vas oor gesteelde platinum

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans wat met 208 kg vermoedelik gesteelde platinum betrap is, sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Rustenburg verskyn.

“Die polisie het Donderdag by ʼn busterminus in Rustenburg twee verdagte mans in een van die hokkies opgemerk,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie in Noordwes, Saterdag gesê. “Hulle het die mans deursoek en platinum wat 208 kg geweeg het en 22 gram dagga by die mans opgespoor.”

Die twee, onderskeidelik 26 en 30 jaar oud, kon nie verduidelik waar die platinum vandaan kom nie. Hulle is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van die besit van platinum.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jackie ·

208kg? Hulle was by ñ bus terminus, ek wonder hoe dra jy 208kg?

Oermens ·

Hierdie twee smokkelaars inskryf vir die “SA Strongman” kompetisie. Dit lyk of hulle goed sal doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.