Mans vas oor renosterhoring

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is Vrydag by OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem vir die besit van renosterhoring.

Marika Muller, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê twee buitelanders wat van Maputo na Vietnam gevlieg het is in die internasionale vetreksaal voorgekeer en deursoek.

ʼn Hond wat spesiaal opgelei is om renosterhoring uit te snuffel, het positief reageer op die twee sakke wat die mans gedra het. Muller het gesê daar is 34 stukke renosterhoring van 41kg in die sakke gevind. Die waarde van die renosterhoring is sowat R4,5 miljoen.

Muller het gesê dit is die grootste hoeveelheid renosterhoring waarop die SAID nog by OR Tambo-lughawe op beslag gelê het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Sal die SAID ons nou op hoogte hou van die horings. Want ons lees altyd van die beslaglegging, maar nie van die horings wat dan “”weer gesteel word uit polisie stasies””.

SW Burger ·

Om renosterhorings met gif te behandel druis mos kwansuis in met menseregte. Wat eintlik moet gebeur. Wanneer daar op renosterhorings beslag gelê word, moet dit nie verkondig word nie. Renosterhorings moet onwetend omgeruil word met plastiekhorings sonder dat die koeriers dit agterkom. Daar by die eindbestemming sal die handelaar dan behoorlik met die koerier se gal werk – heel dikwels met noodlottige gevolge. Dit sal regskostes kostes spaar en hopelik die handel in renosterhoring ontmoedig.

SNEL ·

Hoera!!!! Hoop ek lees vinnig van nog stopers wat doodgeskiet is of gevang is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.