Mans vas vir biokinetikus se ontvoering

Riana Pretorius. (Foto: Facebook)

Twee mans is in hegtenis geneem sedert ʼn biokinetikus Donderdagoggend buite haar werkplek in Gqeberha ontvoer is.

Van Riana Pretorius is daar egter steeds geen spoor nie.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media bevestig twee verdagtes is reeds in verband met Pretorius se ontvoering vasgetrek.

“Sy is egter nog nie gevind nie, maar die ondersoek duur voort.”

Mgolodela kon nie verder uitbrei oor die saak nie aangesien “die ondersoekspan vrees vir Pretorius se lewe”.

Ander nuusblaaie berig wel dat ʼn losprys reeds vir Pretorius geëis is.

Riana Pretorius. (Foto: Facebook)

Maroela Media het vroeër berig dat gewapende mans haar gegryp en in ʼn voertuig buite die Newton- mediese sentrum ingedwing het. Sedertdien is Pretorius nie met ʼn oog gesien nie.

Verskeie mense het reeds ʼn oproep op sosiale media gedoen om vir Pretorius se veilige terugkoms te bid.

“Bid asseblief dat sy veilig gevind sal word,” skryf ʼn kennis van Pretorius se gesin.

“Dié lot word op niemand toegewens nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.