Mans vas vir moord by Pta-supermark

Argieffoto

Drie mans is Dinsdag tydens ʼn intelligensiegedrewe poging deur die polisie in Pretoria in hegtenis geneem in verband met ʼn moord en ʼn rooftog by ʼn plaaslike supermark verlede jaar.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê dié sukses volg ná ʼn gesamentlike poging deur die Tshwane-Wes-polisiegroepering se intelligensiedienste en trio-misdaadeenheid.

Volgens Selepe het die polisieoperasie in Olievenhoutbosch plaasgevind waartydens die drie gesoekte verdagtes, tussen 23 en 29 jaar oud, in hegtenis geneem is. Dit volg nadat ʼn man in Oktober tydens ʼn rooftog by die AK-supermark in Olievenhoutbosch doodgeskiet is.

Die verdagtes moet binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord en sakeroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michael ·

dit is goed dat hulle vas getrek was maar volgende week weer uit op borgtog dit is nie die polisie wat so goed is nie die misdadigers gee nie om as hulle gevang word nie want hulle weet hulle is baie gou weer uit hulle maak eintlik groot fools van ons regstelsel

Duitser ·

Die trio taakmag en intelegensie diens is seker die lede wat kan lees en skryf hoop ek.

Manie Strydom ·

Dit is tragies dat n eers trotse polisie mag wat vergelyk het met die beste in die wereld verval het tot die swakste,incopetendste groep in die wereld .

Miskien het dit tyd geword om te trek australië toe .

Gestremde ·

Olievenhoutbosch is ook mos die gebied waar onwettige grondbesetters besig is om grond af te merk. Daar moet ook gekyk word met watse politieke party die beskuldiges hulself mee verbind en of hulle ook betrokke was by die onwettige grondbesetting. Dit kan ook dan sommer ‘n aanduiding wees van watter tipe mense besig is om die moeilikheid te veroorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.