Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 52-jarige vrou in Willowvale in die Oos-Kaap.
Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn verbyganger het die vrou se liggaam Sondag in ʼn veld aangetref.
“Die polisie is in kennis gestel en ʼn ondersoek is onmiddellik begin,” het Manatha gesê. Die vrou is glo ʼn inwoner van die Willowvale-nedersetting.
Volgens Manatha het die vrou nie sigbare beserings gehad nie en is sy glo verwurg.
Drie verdagtes, tussen 18 en 26 jaar oud, is in verband met die moord in hegtenis geneem. “Die motief is in dié stadium onbekend.”
Die verdagtes sal Dinsdag in die Willowvale-landdroshof verskyn.
Nee, nee, nee. Waarvoor die arme vrou doodmaak? So wreed!!!!