Mans vas vir onwettige besit van broodbome

Argieffoto

Argieffoto

Vier mans is Donderdag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle glo met broodbome ter waarde van R170 000 betrap is.

Kons. Nadia Campher, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die mans is in Jansenville deur die polisie van die pad af getrek. “Die mans het in ʼn rooi Ford-bakkie met ʼn Gauteng-nommerplaat gery,” het sy gesê. “Die polisie het beslag gelê op 12 broodbome.”

Die verdagtes, tussen 23 en 41 jaar oud, gaan binnekort in die Jansenville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Ek wonder altyd wat gebeur nou met daardie broodbome wat gekonfiskeer is… Lê hulle maar iewers in ‘n polisiestoor tot hulle verdroog en vrek?
Indien wel, is al wat gebeur dat daar ‘n sterker insentief is vir ander mense om nog wilde broodbome te gaan uithaal en die spesies verder bedreig word.

Die gekonfiskeerde broodbome moet dalk eerder aan goeie kwekerye opgeveil word, sodat dit wel verkoop kan word, of as hulle dit nie wil doen nie, iewers in ‘n navorsingsinstelling se tuin gevestig word vir navorsingsdoeleindes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.