Vinnige optrede deur die Umlazi-polisie se honde-eenheid het oor die naweek tot die inhegtenisneming van twee jong mans gelei wat in besit was van nagenoeg R1 miljoen se vervalste R100-note.
Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die twee mans, onderskeidelik 18 en 24 jaar oud, is Saterdag tydens ʼn klopjag by ʼn huis in Uitbreiding U in die Umlazi-omgewing in hegtenis geneem.
“Die polisie het inligting van die publiek ontvang dat verdagtes in die huis glo in besit is van vervalste geld. Die honde-eenheid het spoedig reageer en ʼn klopjag uitgevoer,” het Zwane gesê. “Met die hulp van die snuffelhond, Erica, is R1,2 miljoen se note in die huis en in ʼn motor op die perseel gevind.”
Al die note is R100-note waarvan die reeksnommer dieselfde is.
Die verdagtes moet binnekort in die Umlazi-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en die besit van vervalste note.
Knap gedaan.
Waar is die toerusing?
Hierdie is net die oortjies van die seekoei.
Die vraag is wie sit daar agter?
Note word oorsee gedruk “as goedkoper/ meer sekuritet”, die Munt(soos Pelindaba) in die grond verwoes. VRAAG is ek bank kontant by my plaaslike tak en hul aanvaar nie “staind notes” of note wat nie deur hul tellermasjien gaan?
Goed gedoen Umlazi SAPD.
Ek sou kon doen met ‘n miljoen ?